Local News
Nuwe verwikkelinge in verregses-saak─── LANI FOUCHÉ 13:21 Fri, 24 May 2013

Lani Fouché
Die vier vermeende verregses, wat daarvan verdink word dat hulle saamgesweer het om top ANC-leiers te vermoor, het Vrydag weer in die Bloemfonteinse Landdroshof verskyn. Die emosies het weer hoog geloop toe hulle 'n kort kans gekry het om hul vrouens en familielede na die hofverrigtinge vanuit die beskuldigdebank te groet.
Hein Boonzaaier is die enigste van die vier wat uit is op R80 000 borgtog. Johan Prinsloo, Mark Trollip en Martin Keevy bly egter in aanhouding in die Grootvlei-gevangenes buite Bloemfontein. Al vier staar aanklagte van sameswering om terrorismedade te pleeg en hoogverraad in die gesig.
Nog bewyse in die ondersoeke is Vrydag in die hof gedokumenteer. Die staat het gesê wapentuig is in die Oos-Kaap gevind en ammunisie in Limpopo, wat glo gebruik sou word om die beplande moorde te pleeg tydens die ANC se verkiesingskongres by die Universiteit van die Vrystaat in Desember verlede jaar.
Dit het tot gevolg gehad dat die saak weer eens uitgestel moes word vir verdere ondersoeke. Al vier moet op 23 Augustus weer terug in die hof wees.
Die verhoor, wat na verwagting in November vanjaar sal plaasvind, sal moontlik na die Vrystaatse Hooggeregshof oorgeplaas word.
Die hof het intussen 'n versoek toegstaan dat Keevy vir dertig dae vir psigiatriese waarneming by die Vrystaatse Psigiatriese Kompleks opgeneem word. Dit kom nadat twee afsonderlike psigiaters hom verlede maand geëvalueer het en beide voorgestel het dat hy opgeneem word. Hy moet weer op 24 Junie in die hof verskyn sodat sy vordering bespreek kan word.
Boonzaaier het goeie nuus in die hof ontvang toe die landdros ingestem het dat sy borgvoorwaardes aangepas word. Hy hoef nie meer daagliks by die Littleton-polisiestasie aan te meld nie weens sy lang werksure en reise wat hy daarvoor moet aanpak.
Hy kan ook nou sonder toestemming in die Vrystaat en Gauteng reis, waar hy voorheen nie buite die Pretoria-landdrosdistrik mag beweeg het sonder die toestemming van die hoof-ondersoekbeampte, Francois Laux, nie. Prinsloo se vrou, Katrien, het aan OFM Nuus gesê hulle gaan deur 'n reuse beproewing as familie, en verlang elke dag na hom. Sy sê hulle sou dit egter nie sonder gebed en krag van Bo kon deurmaak nie.
Prinsloo se eerste kleinseun, Liam Krüger, is op 17 Mei gebore, en die tweede een, Ivan Delport, word eerskomende Maandag gebore. "Ons neem maar foto's en vat dit vir hom in die tronk," sê Katrien.
Die vier aangeklaagdes vroeër in die beskuldigdebank.
Johan Prinsloo groet sy vrou en dogter tydens 'n vorige hofverskyning.
Martin Keevy gesels met sy gesin.
Foto's: Lani Fouché