Local News
NK Gesondheid gerat om mediese dienste aan provinsie te lewer─── 14:57 Tue, 21 May 2013
Christopher Motabogi
Kimberley - Die nasionale gesondheidsplan wat daarop gemik is om gesondheidsdienste aan die land se armes beskikbaar te stel, sal voortgaan ongeag probleme wat ondervind word. So het die Noord-Kaapse LUR vir Gesondheid, Mxolisi Sokatsha vandag tydens sy R3,34 miljaard begroting in Kimberley gesê.
Hy sê sowat 400 verpleegsters uit die Wes-Kaap sal binnekort in die Noord-Kaap ontplooi word om met gesondheidsdienste te help.
Sokatsha sê sy departement ondervind ook probleme om gekwalifiseerde mediese-personeel na die Noord-Kaap te lok.
Hy sê die provinsie het ook onlangs ‘n skole gesondheidsprogram van stapel gestuur om mediese probleme op dié vlak hok te slaan en afgetrede verpleegsters sal ingespan word om met dié veldtog te help. Sowat 3-000 leerders is reeds in die provinsie vir verskillende siektes ondersoek en vir behandeling gestuur.