On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbou steeds voorkeursektor

───   14:37 Tue, 21 Aug 2012

Huidige markomstandighede skep vertroue vir investering in die landbou en finansiële instellings beskou die landbou tans as een van hul voorkeursektore. Dit is die siening van Agri SA en Agbiz na ‘n gesprek met verteenwoordigers van die vier groot handelsbanke se landbou-afdelings oor landbou-finansieringsaangeleenthede gefasiliteer het.

In ‘n gesamentlike verklaring sê die organisasies tydens die gesprek is die makro-ekonomiese omstandighede waarbinne die landbou funksioneer, in oënskou geneem asook die relatiewe gunstige produksie- en markomstandighede van die afgelope vyf jaar wat die landbou se winsgewendheid en bategroei gerugsteun het.

Agri SA sê in die verklaring dat terwyl die oorhoofse finansiële posisie van die landbou gunstig is, is daar nogtans sekere bedryfsvertakkinge en streke wat onder druk verkeer. Dié organisasies en handelsbanke beskou dit egter as uitsonderings wat nie die algemene optimisme oor die bedryf se vooruitsigte demp nie.

Verteenwoordigers van die handelsbanke het saamgestem dat hulle graag met boere oor hul kort- en langtermyn sakeplanne sal wil gesels en dat finansiering geredelik beskikbaar is, insluitend vir grond wat aan restitusie-eise onderhewig is, maar uiteraard aan die gewone norme van terugbetaalvermoë en sekerheidstelling moet kan voldoen.

Teen dié agtergrond bly die handhawing van billike markwaarde van grond ‘n belangrike voorwaarde vir vertroue by beide finansierders en beleggers in die landbou, lui die verklaring.

Verklaring verskaf

 

More from News

You May be Interested in

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.