On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

World News

Reeks aardbewings tref Filippyne

───   09:30 Sun, 09 Apr 2017

Reeks aardbewings tref Filippyne  | News Article

Manila - 'n Reeks aardbewings het hierdie naweek die Filippyne getref.


Al Jazeera berig skade is aangerig aan geboue en honderde mense moes na kusgebiede vlug. 

Kragonderbrekings en modderstortings het ook voorgekom. 

Nog geen lewensverlies is aangemeld nie. 

Die eerste aardbewing het Mabini met 'n krag van 5,6 getref, gevolg deur 'n sterker een van 6. 'n Derde aardskudding van 4,1 het toe San Luis getref, gevolg deur een van 4,7 - weer in Mabini. 

Meer as 220 mense is in 2013 in dié land dood toe 'n aardbewing met 'n krag van 7,1 getref het. 

In Julie 1990 het 2 400 mense gesterf toe die noordelike eiland van Luzon deur 'n aardbewing met 'n Richterskaal-meting van 7,8 geskud is. 

Die Filippyne is geleë in die sogenaamde Kring van Vuur waar 90 persent van die wêreld se aardskuddings voorkom.


Al Jazeera



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.