World News
55 dood toe vloer by troue ingee─── 10:50 Thu, 28 Oct 2010

In Afghanistan is minstens 65 mense dood nadat die vloer van 'n gebou tydens 'n troue meegegee het. Die meeste van die oorledenes was vroue en kinders. Die ongeluk het gister in 'n dorp in die Jalga-distrik van die Baghlan-provinsie plaasgevind. Woordvoerder vir die provinsiale goewerneur Mahmood Haqmal sê die oorledenes sal vandag begrawe word. Haqmal sê die boonste vloer van die twee verdieping gebou was gepak met mense toe dit meegegee het. Hy sê baie huise in die gebied is baie oud en is van modderbakstene gemaak en bedek met hout.
AFP