The Joyride Blog
What's on the Menu - Pampoentert─── 17:24 Thu, 02 Jun 2022

Hierdie week, bring Maradine vir ons 'n lekker pampoentert resep.
Pampoentert
BESTANDDELE:
750 ml gaar pampoen
150 ml room
3 eiers
15 ml bakpoeier (3 teelepels)
250 ml koekmeel (1 koppie)
250 ml suiker (1 koppie)
knippie sout
kaneelsuiker
ingedampte melk (hoeveelheid onbekend?)
METODE:
1. Kook die pampoen met 'n kaneelstokkie tot sag.
2. Dreineer dit en druk dit fyn.
3. Gooi die eiers, ingedampte melk, meel, suiker, bakpoeier en sout in 'n mengbak en klits goed.
4. Gooi die pampoen by die mengsel en roer goed deur.
5. Spuit of smeer 'n oondbak en gooi die slap pampoenmengsel in die oondbak.
6. Bak vir 60 minute teen 180 grade Celsius.
7. Strooi kaneelsuiker oor (125 ml witsuiker en 10 ml fyn kaneel gemeng).
What's On The Menu - Pampoen Tert: