On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

At Lunch

Leah gesels oor SUSTERS 'n lekker Afrikaanse “chick-fliek” {KLANKtoets met Cyril}

───   13:58 Mon, 04 Dec 2017

Leah gesels oor SUSTERS 'n lekker Afrikaanse “chick-fliek” {KLANKtoets met Cyril} | News Article

In hierdie Potgooi, gesels Leah oor haar ervaring met die skiet van die film Susters en oor wat sy alles geleer het in die proses. Ook brei sy meer uit oor hoe dit was om die temalied saam met Joe Black op te neem.






>> waaroor gaan hierdie fliek


Volgende Maart (2018) kan Suid-Afrikaanse fliekgangersuitsien na die uitreiking van die splinternuwe rolprent “Susters.”

Die verhaal gaan oor drie aangenome susters wat vanmekaar vervreemd geraak het en hoe hulle op ‘n ontdekkingsreis gaan met dieafsterwe van hul moeder. Dis ‘n reis gevul met tere herinneringe, interessantekarakters, ongelooflike mooi plekke en dit wat die skoner geslag baie goed meeis – hoe om sakke vol pret te hê.

Die rolverdeling sluit in Leah SA , die veelbekroonde sangeres met albumverkopewat goue status breik het en bekend is vir haar rolle in “As Jy Sing” en“Sterlopers.” Nog ‘n suster word gespeel deur Quanita Adams , self geen vreemdeling vir die kollig nie metheelwat televisie- en filmrolle agter haar naam. En die derde suster is niemandanders nie as Diaan LawrensonActress , bekend vir haar rol as Paula in 7de Laan. En dis maar net die hoofrolle – kykers kan hulle gereed maak virheelwat verrassings met bekendes wat kleiner rolle gaan vertolk.



In die regisseursstoel is CorneVan Rooyen , bekend vir sy werk op “Hollywood in myhuis” en “Vaselinetjie.” Die draaiboek is geskryf deur Corine Du Toit en SandraVaughn Full, wat saam ‘n magdom film- en TV-reeksdraaiboeke agterhul naam het, insluitend “Semi-Soet”. Dis ook nie aldag wat ‘n vrou in beheeris van kinematografie nie, maar Sunel Haasbroek verleen ‘n unieke vroulikeuitkyk op hoe die susters die wêreld om hulle sien. Die vervaardigers van“Susters” is JennyGriesel, bekend vir haar werk in die media, liefdadigheid en bemarking van dieland se top glanspersone, saam met die bekroonde liedjieskrywer, JohanVorster. En waar Johan is, is daar natuurlike ook goeie musiek, dus asmusiekregisseur, kan almal ‘n klankbaan van hoë gehalte te wagte wees.

“Susters” word moontlik gemaak deur die trotsesamewerking tussen InhoudHuis Media en kykNET en word op die 30ste Maart 2018 landwyd vrygestel, netbetyds vir daardie vakansiegevoel wat gesinne saambind.




>> luister hier na wat Leah als vertel





>> die liedjie en musiek video





@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.