On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Rugby

Kuün begin op haker

───   07:39 Wed, 18 Mar 2009

Kuün begin op haker | News Article

Pretoria. - Die afrigter van die Vodacom Bulls, Frans Ludeke, het besluit om Vrydag in Wellington teen die Hurricanes met Derick Kuün op haker te begin, terwyl JP Nel sy plek op buitesenter behou het.

 

Ludeke het dit duidelik gemaak dat Kuün en Ralepelle vanjaar gaan roteer en met Nel in die beginspan sal Jaco Pretorius weer as impakspeler gebruik word.

 

Die res van die span wat teen die Stormers begin het is onveranderd gelaat, maar op die bank isWilhelm Steenkamp in die beseerde Victor Matfield se plek en Dewald Potgieter se besering is iets van die verlede en gevolglik vervang hy vir Jacques Burger.

 

Ludeke sê die Bulls maak reg vir 'n uiters fisieke konfrontasie en hy verwag 'n klipharde wedstryd juis omrede die Hurricanes die in-vorm Nieu-Seelandse span is en omdat hulle baie goed onder die nuwe reëls speel.

 

"Die Hurricanes is 'n goed gebalanseerde span wat presies weet wat hulle onder die ELV's wil doen. Hulle is almal atlete en ons almal weet hoe gevaarlik hulle uit gebroke spel is."

 

Vodacom Bulls: Zane Kirchner; Akona Ndungane, JP Nel, Wynand Olivier, Gerhard van den Heever; Morné Steyn, Fourie du Preez (kaptein); Pierre Spies, Pedrie Wannenburg, Deon Stegmann, Danie Rossouw, Bakkies Botha, Werner Kruger, Derick Kuün, Gurthrö Steenkamp. Plaasvervangers: Chiliboy Ralepelle, Rayno Gerber, Wilhelm Steenkamp, Dewald Potgieter, Heini Adams, Burton Francis, Jaco Pretorius.
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.