On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Press Office

OFM journalist named one of country’s best

───   12:56 Fri, 01 Dec 2023

OFM journalist named one of country’s best | News Article
Olebogeng Motse

One of OFM's own has been honoured with a coveted national Vodacom Journalist of the Year Award.

The 2023 national winners for the Vodacom Journalist of the Year Awards were announced at a ceremony in Johannesburg last night and OFM journalist and presenter of the Business Hour (Mondays to Fridays, 18:00 to 19:00), Olebogeng Motse, was named as a national winner. Her feature “The construction mafia: Is it transformation or criminality?” won in the Financial and Economics category. 

According to the judges, “Stories involving criminality, in which the perpetrators were willing to go to any lengths to achieve their ends, require courage and enterprise from journalists. Among the most dangerous stories to cover were those involving construction mafias across the country, and Motse ventured into this perilous terrain.”

Olebogeng says: “To be selected as a national winner among some well-known and revered journalists from media outlets and groups like eNCA, News24, Daily Maverick and GroundUp is immensely validating. Interestingly, my category was not the only one where radio was triumphant. The features category garnered a radio win, which is exciting for the medium. Thank you to the judges and thank you as well to OFM’s management for constantly molding, shaping, encouraging and mentoring us.”

Says OFM Programme Manager, Tim Thabethe: “The accolade showcases the caliber of journalism that Olebogeng applies to her career. Her passion for commerce, trade and industry is prevalent in the programme that she presents.”

“The Vodacom Journalist of the Year Awards once again showcased the incredible talent and dedication of South African journalists, highlighting their ability to inform, engage and entertain,” said judging panel convener, Mapi Mahlangu.

For more info, contact marketing@ofm.co.za.

ENDS


OFM-joernalis as een van land se bestes aangewys

Die 2023 nasionale wenners vir die Vodacom Joernalis van die Jaar-toekennings is gisteraand tydens 'n seremonie in Johannesburg aangekondig en OFM-joernalis en aanbieder Olebogeng Motse van die Business Hour (Maandae tot Vrydae, 18:00 tot 19:00), is aangewys as ’n nasionale wenner. Haar insetsel “Die konstruksie-mafia: Is dit transformasie of kriminaliteit?” het gewen in die Finansiële en Ekonomie-kategorie.

“Stories wat kriminaliteit aanspreek, waarin die oortreders bereid was om tot uiterstes te gaan om hul doel te bereik, vereis moed en ondernemingsgees van joernaliste. Van die gevaarlikste stories wat gedek is, was dié wat konstruksie-mafias regoor die land betrek het, en Motse het hierdie gevaarlike terrein aangedurf,” was die beoordelaars se mening.

Olebogeng sê: “Om as ’n nasionale wenner aangewys te word uit ’n paar bekende en gerespekteerde joernaliste van mediagroepe soos eNCA, News24, Daily Maverick en GroundUp is geweldig onderskragend. Interessant genoeg was my kategorie nie die enigste een waar radio geseëvier het nie. In die kategorie spesiale insetsels het radio nog ’n oorwinning behaal, wat opwindend is vir die medium. Dankie aan die beoordelaars en dankie ook aan die OFM-bestuur wat ons voortdurend slyp, bemoedig en mentor.”

OFM-programbestuurder, Tim Thabethe, sê: “Die toekenning wys die kaliber joernalistiek wat Olebogeng in haar loopbaan toepas. Haar passie vir handel en nywerheid is tasbaar in die program wat sy aanbied.”

“Die Vodacom Joernalis van die Jaar-toekennings het weereens die ongelooflike talent en toewyding van Suid-Afrikaanse joernaliste ten toon gestel en hul vermoë beklemtoon om in te lig, betrokke te raak en te vermaak,” het die sameroeper van die beoordelaarspaneel, Mapi Mahlangu, gesê.

Vir meer inligting, kontak marketing@ofm.co.za

EINDIG


Waarom OFM

OFM, die klank van jou lewe, is Sentraal-Suid-Afrika se voorste handelsradiostasie, wat ’n verskeidenheid musiek, nuus en vermaak bied. Die stasie vier vanjaar reeds 37 jaar in die uitsaaiwese. OFM is deel van die Central Media Group, met sy hoofkantoor in Bloemfontein.

Die stasie bedien die welvarende SEM 7-10 ekonomies aktiewe mark met ’n uitsaaigebied wat die Vrystaat, Noord-Kaap, Suid-Gauteng en Noordwes insluit. OFM is sinoniem met die mense van Sentraal Suid-Afrika, en sluit ’n volle spektrum van luisteraars in, van stedelike werkende ouers, tot korporatiewe professionele persone, sowel as landelike gemeenskappe en landbouprodusente.

Die stasie het ’n ongelooflike lojale en ondersteunende gehoor. OFM se luisteraars spandeer van die meeste tyd wat luisteraars in Suid-Afrika spandeer om radio te luister. Dit word bereik deur die stasie se gepaste musiekaanbiedinge – luisteraars kan hul gunstelingliedjies op die Request Network versoek en op Saterdae kan hulle inskakel om saam Sentraal-Suid-Afrika se 30 grootste treffers op die Central SA Top 30 af te tel.

OFM bied verskeie nisprogramme aan – insluitend ’n toegewyde landbouprogram met drie bykomende landbounuusopdaterings per dag, sowel as ’n toegewyde besigheidsprogram met twee bykomende ekonomiese nuusopdaterings deur die loop van die dag.

Sport lê OFM-luisteraars na aan die hart en dit is wat baie Sentraal-Suid-Afrikaners bymekaar bring. Die stasie is ’n trotse vennoot, borg en ondersteuner van die Cheetahs-, Griekwas- en Luiperds-rugbyspanne, asook die Knights, Heat en Dragons krieketspanne. OFM is daartoe verbind om die waarlike goeie lewe te lei, en terselfdertyd Sentraal-Suid-Afrikaners te help om hul beste lewens te lei.


Why OFM
OFM, the Sound of Your Life, is Central South Africa’s premier commercial radio station, offering a mix of music, news, and entertainment. The station celebrates 37 years in the broadcasting industry this year. OFM is part of the Central Media Group, with its head office in Bloemfontein.

The station serves the affluent SEM 7-10 economically active marketplace with a broadcast footprint across the Free State, Northern Cape, southern Gauteng and North West. OFM is synonymous with the people of Central South Africa, and includes a full spectrum of listeners, from urban working moms and dads to corporate professionals, as well as rural communities and agricultural producers.

The station has an incredibly loyal and supportive audience. OFM enjoys one of the highest occurrences of time spent listening to the radio in South Africa. This is achieved by the station’s great music offerings – such as playing listeners their favourite songs on the Request Network and counting down Central South Africa’s 30 biggest hits on the Central SA Top 30.

OFM offers several niche features – including a dedicated agricultural programme with three additional agricultural news updates a day, as well as a dedicated business programme with two additional economic news updates throughout the day.

Sport is close to OFM listeners’ hearts and is what brings much of Central South Africa together. The station is a proud partner, sponsor, and supporter of the Cheetahs, Griquas and Leopards rugby teams as well as the Knights, Heat and Dragons cricket teams. OFM is committed to living the real good life, while at the same time helping Central South Africans to live their best lives.

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.