Press Office
New voices on OFM from April─── 07:48 Thu, 30 Mar 2023
OFM has earmarked 2023 as ‘showtime’ and will introduce some fresh voices to the lineup from 1 April.
One of the most exciting additions is the return of an old favourite to augment OFM’s existing classic pop offering on Sundays. Christie Hansen, a well-known Central South African voice, who also broadcast on OFM for 17 years, moves in behind the mic, Sundays 12:00 – 16:00, during ‘Classic Sundays’. This programme will be a continuation of radio veteran Tony Blewitt’s retro music offering from 09:00 – 12:00. Classic Sundays will therefore showcase seven hours of the best ‘classic’ pop tunes from the 60s, 70s, and 80s.
‘OFM Nights’, weekdays 19:00 – 23:00, welcomes media personality Ashmund Martin. Aside from his passion for radio and television, Ashmund is also an actor and singer.
Weekends, 05:00 – 06:00, Anny Bruyns is ready to welcome early risers. ‘Opstaan’ features a 100% Afrikaans music offering. She also brings fans the latest Afrikaans music releases on Sundays, 19:00 – 20:00, during ‘Nuut in Afrikaans’.
Sunday afternoon listeners can wind down with their favourite music during The All Request Sunday, presented by Nikki van der Linde, 16:00 – 19:00.
This April, Michael Ndabandaba, the winner of the O-dition presenter search competition, joins the OFM team in Bloemfontein to commence his training as well.
“OFM is excited to present Christie Hansen, Nikki van der Linde, Ashmund Martin, Anny Bruyns and Michael Ndabandaba. The calibre of these five names carries with it a strong tradition of great personalities that have graced the airwaves across Central South Africa and how OFM continues to generate great talent for its listeners. Radio remains one of the highest consumed media in the country and in the OFM broadcast region presenting a lineup that entertains and informs with great music and content, remains a priority,” says OFM Programme Manager, Tim Thabethe.
For further information, contact: marketing@ofm.co.za.
ENDS
Nuwe stemme op OFM vanaf April
OFM het 2023 as 'showtime' geoormerk en sal vanaf 1 April ’n aantal vars stemme bekendstel.
Een van die opwindendste toevoegings is die terugkeer van ’n ou gunsteling om OFM se bestaande klassieke pop-aanbieding op Sondae aan te vul. Christie Hansen, ’n bekende Sentraal Suid-Afrikaanse stem, wat ook vir 17 jaar op OFM uitgesaai het, skuif Sondae 12:00 – 16:00 agter die mikrofoon in tydens ‘Classic Sundays’. Hierdie program sal ’n voortsetting wees van die radioveteraan Tony Blewitt se retro-musiekaanbod van 09:00 – 12:00. Classic Sundays sal dus sewe ure van die beste 'klassieke' pop-deuntjies uit die 60's, 70's en 80's aanbied.
‘OFM Nights’, weeksdae 19:00 – 23:00, verwelkom die mediapersoonlikheid Ashmund Martin. Afgesien van sy passie vir radio en televisie, is Ashmund ook ’n akteur en sanger.
Naweke, 05:00 – 06:00, is Anny Bruyns gereed om vroegopstanders te verwelkom. 'Opstaan' bied ’n 100% Afrikaanse musiekaanbod. Sy bring aanhangers die nuutste Afrikaanse musiekvrystellings op Sondae, 19:00 – 20:00, tydens ‘Nuut in Afrikaans’.
Sondagmiddag-luisteraars kan tydens The All Request Sunday, aangebied deur Nikki van der Linde, 16:00 – 19:00 met hul gunstelingmusiek saamkuier.
Hierdie April sluit Michael Ndabandaba, die wenner van die O-disie-aanbiederkompetisie, by die OFM-span in Bloemfontein aan om ook met sy opleiding te begin.
“OFM is opgewonde om Christie Hansen, Nikki van der Linde, Ashmund Martin, Anny Bruyns en Michael Ndabandaba aan die woord te stel. Die kaliber van hierdie vyf name bou voort op die sterk tradisie van groot persoonlikhede wat op die luggolwe regoor Sentraal Suid-Afrika gepryk het en hoe OFM voortgaan om nuwe talent vir sy luisteraars te genereer. Radio bly een van die mediums wat die meeste in die land verbruik word en in die OFM-uitsaaistreek bly die aanbieding, wat ’n mengsel insluit van vermaak en inligting met wonderlike musiek en inhoud, ’n prioriteit,” sê OFM-programbestuurder, Tim Thabethe.
Vir verdere inligting, kontak: marketing@ofm.co.za.
EINDIG
Why OFM
OFM, the Sound of Your Life, is Central South Africa’s premier commercial radio station, offering a mix of music, news, and entertainment. The station celebrated 35 years in the broadcasting industry in 2021. OFM is part of the Central Media Group, with its head office in Bloemfontein, and a satellite studio in Welkom.
The station serves the affluent SEM 7-10 economically active marketplace with a broadcast footprint across the Free State, Northern Cape, southern Gauteng and North West. OFM is synonymous with the people of Central South Africa, and includes a full spectrum of listeners, from urban working moms and dads to corporate professionals, as well as rural communities and agricultural producers.
The station has an incredibly loyal and supportive audience. OFM enjoys one of the highest occurrences of time spent listening to the radio in South Africa. This is achieved by the station’s great music offerings – such as playing listeners their favourite songs on the Request Network and counting down Central South Africa’s 30 biggest hits on the Central SA Top 30.
OFM offers several niche features – including a dedicated agricultural programme with three additional agricultural news updates a day, as well as a dedicated business programme with two additional economic news updates throughout the day.
Sport is close to OFM listeners’ hearts and is what brings much of Central South Africa together. The station is a proud partner, sponsor, and supporter of the Cheetahs, Griquas and Leopards rugby teams as well as the Knights, Heat and Dragons cricket teams. OFM is committed to living the real good life, while at the same time helping Central South Africans to live their best lives.
Waarom OFM
OFM, die klank van jou lewe, is Sentraal-Suid-Afrika se voorste kommersiële radiostasie, wat ’n verskeidenheid musiek, nuus en vermaak bied. Die stasie het in 2021, 35 jaar in die uitsaaiwese gevier. OFM is deel van die Central Media Group, met sy hoofkantoor in Bloemfontein, en 'n satellietateljee in Welkom.
Die stasie bedien die welvarende SEM 7-10 ekonomies aktiewe mark met 'n uitsaaigebied wat die Vrystaat, Noord-Kaap, Suid-Gauteng en Noordwes insluit. OFM is sinoniem met die mense van Sentraal Suid-Afrika, en sluit 'n volle spektrum van luisteraars in, van stedelike werkende ouers, tot korporatiewe professionele persone, sowel as landelike gemeenskappe en landbouprodusente.
Die stasie het 'n ongelooflike lojale en ondersteunende gehoor. OFM se luisteraars spandeer van die meeste tyd wat luisteraars in Suid-Afrika spandeer om radio te luister. Dit word bereik deur die stasie se gepaste musiekaanbiedinge – luisteraars kan hul gunstelingliedjies op die Request Network versoek en op Saterdae kan hulle inskakel om saam Sentraal-Suid-Afrika se 30 grootste treffers op die Central SA Top 30 af te tel.
OFM bied verskeie nisprogramme aan – insluitend 'n toegewyde landbouprogram met drie bykomende landbounuusopdaterings per dag, sowel as 'n toegewyde besigheidsprogram met twee bykomende ekonomiese nuusopdaterings deur die loop van die dag.
Sport lê OFM-luisteraars na aan die hart en dit is wat baie Sentraal-Suid-Afrikaners bymekaar bring. Die stasie is 'n trotse vennoot, borg en ondersteuner van die Cheetahs-, Griekwas- en Luiperds-rugbyspanne, asook die Knights, Heat en Dragons krieketspanne. OFM is daartoe verbind om die regte goeie lewe te lei, en terselfdertyd Sentraal-Suid-Afrikaners te help om hul beste lewens te lei.