On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Podcasts

Die dans van die reën

───   SABRINA DEAN 08:41 Fri, 13 Jan 2017

Die dans van die reën | News Article

OFM-nuus se landbouredakteur, Sabrina Dean, gesels met die landbou-ekonoom, dr. Kobus Laubscher, oor die reën en die transformasie wat dit bewerkstellig het, sowel as beter vooruitsigte vir die landbou vanweë die reën.


Hy het ‘n vergelyking tussen die bekende gedig van Eugène Marais, "Die dans van die reën", en die welkome reën oor groot dele van die land getref. 

Laubscher meen die reën het nie net verbeterde vooruitsigte vir die landbou gebring nie, maar kan ook tot optimisme vir die land se ekonomie lei.


Die dans van die Reën

Eugène Marais

O die dans van ons Suster!
 Eers oor die bergtop loer sy skelm,
 en haar oge is skaam;
 en sy lag saggies.
 En van ver af wink sy met die een hand;
 haar armbande blink en haar krale skitter;
 saggies roep sy.
 Sy vertel die winde van die dans
 en sy nooi hulle uit, want die werf is wyd en die bruilof groot.
 Die grootwild jaag uit die vlakte,
 hulle dam op die bulttop,
 wyd rek hulle die neusgate
 en hulle sluk die wind;
 en hulle buk, om haar fyn spore op die sand te sien.
 Die kleinvolk diep onder die grond hoor die sleep van haar voete,
 en hulle kruip nader en sing saggies:
 "Ons Suster! Ons Suster! Jy het gekom! Jy het gekom!"
 En haar krale skud,
 en haar koperringe blink in die wegraak van die son.
 Op haar voorkop is die vuurpluim van die berggier;
 sy trap af van die hoogte;
 sy sprei die vaalkaros met altwee arms uit;
 die asem van die wind raak weg.
 O, die dans van ons Suster!




Podcasts

Die dans van die reën:

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.