On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Fefe 108, ’n parfuum vir honde

───   16:00 Mon, 12 Aug 2024

Weird Wide Web – Fefe 108, ’n parfuum vir honde | News Article
Beeldbron: odditycentral.com

Die Italiaanse mode-etiket Dolce & Gabbana neem die hondeparfuumwêreld storm met Fefé, ’n "olfaktoriese meesterstuk" geskep deur ’n meesterparfuummaker wat jou hond na ’n miljoen dollar sal laat ruik.

Geprys teen ’n oogstrelende €99 (R1 966) per 100 ml, kom Fefé in ’n “slanke groen gelakte glasbottel, versier met ’n herder rooi metaaldop en ’n kosbare 24-karaat vergulde poot.”

Reukgewys bevat dit “die warm toon van ilang-ilang, die skoon aanraking van musk, en die houtagtige, romerige ondertone van sandelhout.”

Geïnspireer deur D&G-stigter Domenico Dolce se “onvoorwaardelike liefde vir sy lojale hond Fefé,” is die nuwe ontwerpersparfuum vir honde gesertifiseer as ’n veilige troeteldierskoonheidsmiddel, deur veeartse goedgekeur, veilig en “geniet deur honde."

“Spuit Fefé op jou hande of op ’n borsel en vryf gerus jou hond se pels van die middel van die lyf na die stert, of te borsel dit om aan hulle ’n oomblik van geurige bederf te gee,” stel die Dolce & Gabbana-webwerf voor.

Nuus van Dolce & Gabbana se poging tot ’n paarfuum vir honde het heelwat kritiek van veeartse ontvang ten spyte van die maatskappy se bewerings dat Fefé alkoholvry en veilig is. Die prys van die ontwerpersparfuum is een van die sterkste twispunte, met sommige dierekenners wat beweer dat dit teleurstellend is dat so ’n produk vrygestel word in ’n tyd waarin baie mense ekonomies sukkel.

“Hondeparfuum met ilang-ilang- en sandelhoutgeure is ’n mors van geld met die potensiaal om honde te irriteer,” sê een veearts.

“Die honde se reuksintuig is so gesofistikeerd dat hulle steeds mekaar se natuurlike reuk sal kan kontroleer, selfs al dra hulle parfuum,” verduidelik Fabian Rivers, welsynsambassadeur van die Royal Society for the Prevention of Cruelty to Animals (RSPCA). “Maar ek sal nie verbaas wees om te vind dat honde afgelei word of geïrriteer word deur die reuk van parfuum nie.”

As ’n ontwerperparfuum vir honde iets is waarvan jy nog altyd gedroom het, kan jy Fefé vooraf op die Dolce & Gabbana-webwerf bestel.

Lees meer

OFM Nuus mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.