On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Pa hou sy rykdom vir 20 jaar geheim

───   15:36 Wed, 27 Mar 2024

Weird Wide Web – Pa hou sy rykdom vir 20 jaar geheim | News Article
Foto: cbr.com

“Die gesin het verhuis na ’n nuutgeboude villa van $1,4 miljoen en Zilong werk nou in die afdeling vir e-handel in sy pa se maatskappy.”

’n Multimiljoenêr in China se seun het eers op sy gradeplegtigheid gehoor sy pa is skatryk. The South China Morning Post berig Zhang Zilong is die seun van Zhang Yudong, stigter en president van die Mala Prince. Die maatskappy is bekend vir sy peuselhappies.

Hy het aan Jiupai News gesê sy pa het vir hom vir 20 jaar gejok oor die finansiële status van die maatskappy. Hy wat bewus van sy pa se bekende maatskappy, maar hy was onder die indruk die familie moes skuld maak om die maatskappy te red. Zilong sê hy het grootgeword in ’n gewone woonstel in die Pingjiang-distrik en was in ’n goeie skool sonder dat sy pa enige toutjies getrek het. Ná sy gradeplegtigheid wou hy ’n werk kry om die gesin te help om die skuld terug te betaal en was bereid om vir $800 te gaan werk.

Die gesin het verhuis na ’n nuutgeboude villa van $1,4 miljoen en Zilong werk nou in die afdeling vir e-handel in sy pa se maatskappy.

Seun kry die verrassing van sy lewe om te hoor sy pa spog met miljoene. Foto verskaf

Sy pa sê hy kan die maatskappy kry as sy prestasies dit regverdig. Op sosiale media in China is daar mense wat dit nie glo nie en ander wat dink dit is wonderlik. “Dit is ’n sprokie – die gewone padda verander in die Mala Prince.”

“'Ek glo die storie. Die maatskappy het eers onlangs baie begin adverteer. Dit is in dieselfde tydperk as toe die seun gegradueer het.”
Lees meer

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.