On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Florence-lughawe kry 'n wingerd

───   15:47 Tue, 26 Mar 2024

Weird Wide Web – Florence-lughawe kry 'n wingerd | News Article

Binnekort sal besoekers wat by die Amerigo Vespucci-lughawe aankom, besienswaardighede kan begin deur net terug te kyk na die lughawe - want daar sal wingerde wees wat sy dak bedek!

Die Amerigo Vespucci-lughawe beter bekend aan internasionale reisigers as die Florence-lughawe is net 10 km vanaf Florence, die hoofstad van Toskane. Daar is besluit om wingerdstokke op die nuwe internasionale terminaal se dak te plant. Dit is so groot soos 11 sokkervelde. Román Viñoly, direkteur by Rafael Viñoly Architects, die firma wat die terminaal ontwerp het, sê die druiwe sal gebruik word om wyn te maak.

“Een van die boere in die wynstreek sal die wingerde verbou en die wyn sal in gespesialiseerde kelders onder die terminaal se dak gemaak en verouder word,” sê hy. Die lang, skuins dak is so ontwerp dat die een kant die grond raak. Jy sal nie eers weet daar is ’n terminaal nie.

Slegs druiwe wat minstens 400 meter weg is van die naaste vliegtuie of brandstofdepot sal gebruik word om wyn mee te maak, sê Viñoly. Die wingerde sal ook help om die gebou te isoleer terwyl dakvensters baie natuurlike lig sal verskaf.

Wanneer die terminaal voltooi is, sal dit jaarliks ses miljoen passasiers kan hanteer. Dit sal in twee fases gebou word – die eerste deel sal in 2026 klaar wees en die tweede in 2035.

Lees meer

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.