On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Agriculture

Vrystater ploeg sosiale media om met sy video's

───   ROBYN SCHUTTE 05:00 Thu, 28 Mar 2024

Vrystater ploeg sosiale media om met sy video's | News Article
Lian Bruwer (27) veeboer van Bloemfontein is nou ’n TikTok-ster. Foto verskaf

"Een van my video’s wat uitgestaan het, was ’n video van ’n bees in ’n drukgang wat na die kamera toe loop.”

Lian Bruwer, ’n veeboer van Bloemfontein, het nie begin om roem op TikTok te soek nie. Sy doel was eenvoudig: om mense te wys hoe pragtig die plaaslewe kan wees.

Bruwer (27), wat op TikTok bekend is as @vrystaatboertjie, het ’n unieke benadering tot die sosiale platform geneem. Hy deel graag alledaagse plaaservarings wat vir hom normaal mag wees, maar vir stadsjapies ’n nuwe wêreld ontsluit. 

"Ek sien dit elke dag," sê hy. "Een van my video’s wat uitgestaan het, was ’n video van ’n bees in ’n drukgang wat na die kamera toe loop. Dit was ongelooflik om te sien hoe iets so eenvoudig vir my oornag viral gegaan het."

@vrystaatboertjie Mooi bly mooi ! ?????#farmtok #farming #viral #Faith #fyp #goedgaaf #altydlekker #farmerlife #farmlife #bul #kraal #bull ? original sound - ...

Sy TikTok-blad is ’n viering van plaaslewe in al sy vorme. "Ek wil mense wys wat presies ons hier buite doen," verduidelik hy. "Dit is nie net trekkers en diere nie, maar ook ’n Christelike komponent wat ek belangrik ag om in te sluit.

"Dit is verstommend om te sien hoe vinnig mense jou kan vind en volg op hierdie platforms," vertel hy hoe die sukses op TikTok hom verras het.

Dit gaan egter nie vir Lian oor die reaksie en kommentaar nie, maar ’n opregte begeerte om die rustige skoonheid van die plaas te deel met die wêreld. Sy pad op TikTok het hom nie net volgelinge besorg nie, maar ook ’n dieper besef van die invloed wat sy boodskappe op mense se hart kan hê.

@vrystaatboertjie Vrystaat ??#comment #share #farm #farmlife #farmwork #boer #vrystaat #fstroepe #viral #duet #farming #rain #storm ? Hvitserk's choice - Trevor Morris

Bruwer hoop om aan te hou om die eenvoudige, alledaagse oomblikke van plaaslewe te deel, in die hoop om ’n bietjie lig en vreugde te bring aan almal wat daarna smag.

OFM/Agri dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.