On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Wed, 26 Oct 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: sagrainmag.co.za

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

  • Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het Dinsdagoggend met 0,41% laer verhandel.
  • Hierdie week was Amerikaanse markbewegings klein. Op die korter termyn word pryse ondersteun deur stywe globale voorrade, sowel as nuus oor die Oekraïense uitvoersituasie. Rusland gaan voort om die Oekraïne binne te val. Die konflik kan in die komende maande 'n beduidende impak op wêreldwye graanproduksie en uitvoer via die Swartsee hê.
  • Die leier van China, Xi Jinping, is vir nog vyf jaar aangewys. Dit kan 'n groot impak op toekomstige Amerikaanse uitvoer en graanverkope hê.
  • Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het Dinsdag met effense opwaartse tendense verhandel vir beide wit- en geelmieliekontrakte. Die witmieliemark het, vir lewering in November 2022, R54/ton (+ 1,02%) geklim om teen R5 334/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in November 2022, R58/ton (+ 1,13%) hoër verhandel om teen R5 179/ton te sluit. 
  • Die witmieliemark het, vir lewering in Desember 2022, R67/ton (+ 1,26%) geklim om teen R5 369/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2022, R53/ton (+ 1,02%) hoër verhandel om teen R5 235/ton te sluit.

Sojaboon:

  • Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrakmaand het Dinsdagoggend met 1,68% gedaal.
  • In die korttermyn word die sojaboonmark steeds deur die Suid-Amerikaanse weer beïnvloed. Ten spyte van 'n paar fronte wat oor die volgende week deur Argentinië beweeg met verspreide buie, het die droogte steeds 'n groot invloed op plant- en gewasontwikkeling.
  • Die binnelandse sojaboonkontrakte het Dinsdagoggend met gemengde tendense verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in November 2022 met R20/ton (- 0,19%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R10 430/ton. Die sojaboonmark het vir lewering in Desember 2022, R21/ton (+ 0,20%) hoër verhandel om teen R10 540/ton te sluit.

Koring:

  • Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Dinsdagoggend 1,65% laer verhandel.
  • Die konflik tussen Rusland en Oekraïne hou aan om pryse op korttermyn te ondersteun. Rusland gaan voort om die Oekraïne binne te val. Die huidige Swartsee-uitvoerreëling sal tot 22 November vanjaar voortduur. 
  • Rusland wil egter die data oor die eindbestemmings en finale eindverbruiker van Oekraïense verskepings hê. 
  • Die konflik kan 'n beduidende impak hê op wêreldwye graanproduksie en Swartsee-uitvoer in die maande, en miskien jare, wat kom.
  • Die binnelandse koringkontrakte het Dinsdag met gemengde tendense verhandel. Die plaaslike koringmark het vir lewering in November 2022 met R31/ton (- 0,42%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R7 310/ton. 
  • Die Desember 2022 koringkontrak het met R3/ton (+ 0,04%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R7 377/ton.

Vir meer inligting oor die huidige kommoditeitsmark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.

OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.