On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Mon, 04 Jul 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: Photoxpress.

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste verhandelingsmaand het Vrydagoggend met 3,45% gedaal.

Amerikaanse mielies het Vrydagoggend ‘n knou gekry ná 'n hoër-as-verwagte voorraadverslag, wat Donderdagaand uitgereik is. Die verslag gaan ook gepaard met 'n toename in VSA-aangeplante mieliehektare, wat ook bykomende afwaartse druk tot kontrakpryse bygevoeg het.

Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het Vrydag effens afwaarts verhandel vir beide wit- en geelmieliekontrakte. Die witmieliemark het, vir lewering in Julie 2022, R14/ton (- 0,32%) gedaal om teen R4 345/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2022, R14/ton (- 1,32%) laer verhandel om teen R4 326/ton te sluit.

Plaaslike mielie-uitvoer vir die week geëindig 24 Junie het altesaam 137 120 ton beloop. Hiervan was 129 894 ton geelmielies en 7 226 ton witmielies. Witmielie-uitvoer trap agter die uitvoertempo aan wat nodig is om die beraamde uitvoer vir die 2022/23 bemarkingseisoen te haal. Witmielie-uitvoer is egter tot dusver steeds ver bo die vorige seisoene se uitvoer sowel as die vyf-jaar gemiddelde.


Sojaboon:

Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrakmaand het Vrydagoggend met 0,02% gestyg.

Donderdagaand se USDA berig het min markreaksie ontlok. Amerikaanse sojaboonvoorraad is op 1 Junie 26% hoër as 'n jaar gelede. Amerikaanse voornemende sojaboonaanplantings word ook opwaarts geskat vanaf 'n jaar gelede.

Die binnelandse sojaboonkontrakte het Vrydagoggend met effense afwaartse tendense verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2022 met R26/ton (- 0,30%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R8 560/ton.

Tot einde Mei is 'n totaal van 7 446 ton sojabone uitgevoer, meestal na Zimbabwe (3 878 ton) en Mosambiek (3 568ton).


Koring:

Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Vrydagoggend 5,13% laer verhandel.

Koringpryse tuimel namate wêreldwye aanbodvrese besweer word. Die Amerikaanse voorraad-verslag het hoër as verwagte aandele aangedui. VSA-aangeplante koringhektare het ook toegeneem vanaf 'n jaar gelede. Wêreldwyd is die meeste dele van Europa, Rusland, die VSA en Kanada aan die gang met die oes van die winterkoringoes. Dit gee bykomende afwaartse druk vir koringpryse. Markte is egter steeds wisselvallig in reaksie op nuus oor die Oekraïne se uitvoerpotensiaal sowel as moontlikhede vir bergingskapasiteit in die buiteland. Tot dusver het Hongaarse en Turkse ministeries aangebied om bykomende uitvoerroetes vir Oekraïense graan te help vestig.

Die binnelandse koringkontrakte het Vrydag met gemengde tendense verhandel. Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2022 met R10/ton (+ 0,13%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R7 558/ton. Die Desember 2022-koringkontrak het met R40/ton (+ 0,57%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R7 000/ton.

Vir die week geëindig 24 Junie is 'n totaal van 47 229 ton koring ingevoer. Die kumulatiewe totaal vir koringinvoer staan op 1 208 435 ton.

Vir meer inligting oor die huidige kommoditeitsmark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.

OFM-nuus




@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.