On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Plaasaanvalle neem met meer as 100 gevalle toe

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:29 Thu, 20 Feb 2020

Landbounuus-podcast: Plaasaanvalle neem met meer as 100 gevalle toe | News Article
Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid van AfriForum

Vanuit die data wat AfriForum oor plaasaanvalle en -moorde ingesamel het, blyk dit dat plaasaanvalle verlede jaar met meer as 100 gevalle toegeneem het, maar die hoeveelheid plaasmoorde het ’n aansienlike laer toename gehad (met slegs drie gevalle).


Volgens Lorraine Claasen, AfriForum se misdaadontleder, was daar 552 plaasaanvalle in 2019 teenoor 2018 se 433 gevalle. Dit is ’n toename van 27%. “Byna 1 000 mense was slagoffers in hierdie 552 plaasaanvalle. In 2019, was daar 57 plaasmoorde, en hoewel elke plaasmoord ’n tragedie is, is dit slegs drie meer as in 2018. Die Vrystaat is die provinsie met die meeste getal moorde (11), terwyl 30% van die plaasaanvalle in Gauteng plaasgevind het.” Volgens dr. Theo de Jager, direksievoorsitter van die familieboerorganisasie Saai, en ook die president van die Wêreldlandbou-organisasie, is daar ’n duidelike gebrek aan politieke wil om plaasaanvalle te bekamp. Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid.

EN

‘n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf elke Donderdag op OFM se Before Dawn-program tussen 05:00 en 06:00 die weekliks veilingpryse, wat vir lewende hawe behaal is. Derksen versprei dié inligting weekliks sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Derksen verskaf vandeesweek weer die verslag, nadat die tydelike nasionale verbod op die samekoms van spleethoewige diere opgehef is. Veilings kan weer voortgaan. Die verbod is ingestel nadat bek-en-klouseer in Limpopo uitgebreek het. Derksen sê hoewel veilings geskied het, is min diere aangebied, en kan hy nie akkurate veilingpryse verskaf nie. Ondanks dít verskaf hy egter pryse wat direk uit die handel verkry is. Derksen sê die prys van speenkalwers kan opwaarts neig weens die groot verwagte mielieoes en 'n tekort aan speenkalwers in die mark. Derksen sê boklammers se prys was R38 en bokooie R30,50 per kg.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.