On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Thabethe erken hy het nie sy huiswerk gedoen nie

───   17:50 Wed, 21 Aug 2019

Landbounuus-podcast: Thabethe erken hy het nie sy huiswerk gedoen nie | News Article
Voormalige hoof van die Vrystaatse landboudepartement, Peter Thabethe

Voormalige hoof van die Vrystaatse landboudepartement, Peter Thabethe, het voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping erken die department het nie sy huiswerk gedoen en behoorlike ondersoek ingestel oor die Guptas se Estina-maatskappy nie


Thabethe het op 'n vraag van die kommissie se voorsitter, adjunkhoofregter, Raymond Zondo erken dat hy die departement in gevaar gestel het. Dit kom nadat Thabethe onder die spervuur gekom het toe adv. Leah Gcabashe van die kommissie aangedui het dat Estina volgens die ooreenkoms R220 miljoen in die projek sou belê, maar dat daar slegs R16 in die maatskappy se rekening was. Thabethe het erken dié bankrekening is nie nagegaan nie, maar daar is ooreengekom dat die Indiese-suiwelmaatskappy, Paras, die geld sou verskaf, met Estina as plaaslike vennoot. Paras sou R228 miljoen deur Estina in die projek belê het. Thabethe het verduidelik die tweede fase volg op die eerste fase van die projek en die melkery sou deur die department en die suiwelaanleg deur Estina behartig word. Thabethe se getuinenis is uitgestel tot in September op 'n datum wat nog nie vasgestel is nie.

Die invoer van hoenderprodukte uit die Europese Unie (EU) en lande soos Brasilië het die laaste paar jaar drasties toegeneem en tot groeiende werkloosheidsyfers gelei. Dit is volgens Lionel Adendorf, voorsitter van  die teenstortingsbeweging FairPlay, wat glo invoer uit die EU en elders beskadig Suid-Afrika se pluimveebedryf erg. Adendorf sê die invoer van bevrore hoenderprodukte na Suid-Afrika het die afgelope paar jaar met 'n astronomiese 190% toegeneem. Adendorf meen as hierdie kommerwekkende situasie nie aangespreek word nie, gaan Suid-Afrika se pluimveebedryf tot niet gaan, net soos wat in Ghana en Kameroen gebeur het. Hy sê FairPlay monitor die situasie en is al 'n geruime tyd bewus van die impak wat die hoenderstorting uit die EU en ander lande op die plaaslike bedryf het. Adendorf meen Suid-Afrikaners moet bewus gemaak word van hierdie probleem en 'n punt daarvan maak om slegs plaaslike hoenderprodukte te koop.

EN

Intussen gaan die pluimveebedryf in Suid-Afrika saam met die regering werk om na nuwe uitvoermarkte te kyk as deel van 'n meesterplan om die sektor weer te versterk. Volgens die Departement van Handel en Nywerheid is 'n vergadering tussen pluimveeprodusente, invoerders en openbare agentskappe belê om 'n groeistrategie uit te lig te midde van kommer dat die invoer van bevrore hoender die plaaslike produksie benadeel. Die Suid-Afrikaanse pluimveebedryf het die afgelope paar jaar onder druk gekom veral as gevolg van hoenderstorting uit die Europese Unie (EU) en lande soos Brasilië. Na raming werk ongeveer 50 000 mense in die pluimveebedryf, wat 'n beduidende deel van die landbou-indiensneming in Suid-Afrika uitmaak. Die nuwe inisiatief om markte vir pluimvee te open, kom dae nadat Ebrahim Patel, minister van handel en nywerheid, 'n komitee op die been gebring het tydens 'n strategiese sitting by die Nasionale Raad vir Ekonomiese Ontwikkeling en Arbeid of Nedlac.



OFM-nuus/Christal-Lize Muller en Vernon Baumann

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.