Mid-Morning Magic
#OFMKunsteklop - Prof. Janine Allen-Spies wen Stalsprys vir Kunstewetenskappe─── 09:08 Thu, 17 Jun 2021
Prof. Janine Allen-Spies gesels met Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens in die OFM Kunsteklop. Luister na die potgooi hieronder.
Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het in April 2021 oor hul bekronings vir 2021 besluit.
Die Stalsprys vir Kunstewetenskappe was aan Prof. Janine Allen-Spies toegeken.
LEES OOK: Laslappie skeppings bring hoop tydens lockdown
Prof. Allen-Spies word vereer vir haar waardevolle rol as beeldende kunstenaar, kunstenaar-akademikus, mentor, lektor, aktivis en blywende passievolle ondersteuner van uiteenlopende huidige en voormalige studente wat aktief is as kunstenaars op die Vrystaatse kunstoneel, sowel nasionaal as internasionaal.
Klik hier vir n volledige lys van wenners.
Prof. Allen-Spies se akademiese loopbaan word gekenmerk deur haar konseptuele vermoë om teoretiese kennis met ateljeenavorsing te integreer.
Sy gesels in die OFM Kunsteklop met Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens oor die toekening en wat dit vir haar beteken. Luister na die gesprek hieronder.
#OFMKunsteklop - Prof. Janine Allen-Spies wen Stalprys vir Kunstewetenskappe: