Mid-Morning Magic
#GetItBloemfontein: Kotzé ma en dogter se passie vir kuns─── 09:45 Mon, 03 May 2021

Die Mei uitgawe van Get It Bloemfontein is vandag op die rakke. Mariaan Kotzé en haar ma, Joe Kotzé van Kotzé Kuns is op die voorblad.
In die Mei-uitgawe van Get It Bloemfontein leer ken ons ma en dogter Mariaan en Joe Kotzé en hulle vertel meer oor hulle passie vir die kunste.
Die kunste loop sterk in die Kotzé-gesin se bloed, aangesien beide Mariaan se ouers asook haar broers al vanaf kindsbeen betrokke was by en met kuns.
Mariaan het met Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens gesels en noem dat dit baie spesiaal is om deel van die Kotzé-familie te wees. Luister na die gesprek hieronder:
Besoek die Kotzé Kunsgallery aanlyn by https://kotzekuns.co.za/