On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Drie in Christiana vas vir moord en roof

───   MARK STEENBOK 15:50 Mon, 27 Feb 2017

Drie in Christiana vas vir moord en roof | News Article

Christiana - Drie mans tussen die ouderdomme van 17 en 22 wat vermoedelik oor die naweek ‘n jongman beroof en later sy broer wreed aangeval en doodgesteek het, sal na verwagting môre in die Christiana-landdroshof verskyn.


Polisiewoordvoerder, Kelebogile Moleko, sê ‘n 22-jarige man is gister by ‘n huis in die Utlwanang-nedersetting aangeval en van ‘n onbekende bedrag geld beroof. Die man is later deur sy ouer broer na ‘n hospitaal geneem. 

Op pad terug van die hospitaal is die twee broers deur dieselfde aanvallers gekonfronteer. Moleko sê die eerste slagoffer kon dié keer onstnap terwyl sy 37-jarige broer verskeie kere in die kop en bolyf gesteek is. Moleko sê die broer is gister omstreeks 09:00 in die hospitaal oorlede.

- OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.