On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Human Interest

Was dit 'n tornado of nie - Welkom wil weet

───   EARL COETZEE 14:52 Tue, 17 Jan 2017

Was dit 'n tornado of nie - Welkom wil weet | News Article
Facebook

Welkom - Inwoners van Welkom debatteer sedert gistermiddag of die foto's van 'n massiewe tregterwolk oor hul stad dié van 'n tornado of maar net 'n groot warrelwind was.


Volgens weervoorspeller in die Bloemfonteinse weerkantoor, Tonie Rossouw, lyk die foto van die tregter, wat op die WelkomCity Facebook-groep geplaas is, soos 'n baie sterk warrelwind, omdat daar slegs stof gesien kan word, sonder enige rommel of puin.


Maar, dit beteken nie diegene wat dink dit was 'n tornado is verkeerd nie, want Rossouw sê tornado's en warrelwinde word veroorsaak deur dieselfde sterk opwaartse strome, en 'n tornado is gewoonlik maar net 'n warrelwind op steroïde.

"Wanneer jy so 'n rotasie-aksie begin kry en hy begin stof optel, dan is dit 'n stofwarrel. Hy kan oor water beweeg, en dan kan hy water in hom optrek. Dan praat hulle van 'n waterspout. Die oomblik as hy begin debris en gemors en goed optel, dan kan ons hom klassifiseer as 'n F1-tornado. Jy het verskillende klasse. Dit hang af van hoe sterk die wind is en hoeveel debris hy optel. As hy byvoorbeeld 'n kar kan optel, dan is dit 'n F5-tornado."

OFM-nuus



Podcasts

Tonie Rossouw:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.