On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Christie se Blog

Skryf die volgende paragraaf van die storie

───   11:32 Fri, 16 Jul 2010

Skryf die volgende paragraaf van die storie | News Article

So raak Koos weer aan die slaap. Hy hoop hy kan sy droom hervat, voordat sy vrou hom wakker gemaak het, maar nee ... die droom begin waar hy 'n leeu met die mooiste maanhaar sien. Hy bekruip die leeu, maar sy senuwees knel hom op! Die oomblik is te groot!Die leeu lê in die son, seker 'n lekker ete gehad. Ja, daar lê die half-geëte rooibok 'n entjie daarvandaan. Sy hande bewe ..., nee, hy moet homself regruk. Lê weer aan, hou sy asem op ... en trek die skoot! Die leeu het nie eers kans gekry om op te kyk nie. Hy sien die skoot tref. Die leeu gee so 'n brul, soveel so, dat ek my effens beskuit! Ek het nog nooi so 'n brul gehoor nie! "Ag nee, Koos! Wat gaan vannaand met jou aan? Ek het my slaap nodig en jy gaan moeg wees as jy die seun later vanoggend moet vat vir hul eerste jag! Slaap nou, om hemels naam ... en regtig, hou op om so te 'brul' in die bed!" Vroumense, hulle sal ook niks verstaan nie. Ek staan eerder op en gaan sit 'n moerkoffie op die stoof, ander gaan ek dalk iemand anders mo.. as ek weer wakker gemaak word!

Terwyl die kettel prut, gaan sit Koos op sy springbokvel leunstoel. Die son wil wil sy kop oor die kim steek, wat n pragtige gesig dink Koos. Die ketel begin fluit, Koos staan swaar op en strompel kombuis toe, hy kan nou gisteraand se klippies en kola voel, in sy kop, in sy kniee en in sy gewrigte. Die gout maak hom seer as hy bietjie gekuier het.

Dit ruk hom behoorlik wakker. So wakker, dat hy weet, nou gaan daar geen slaap wees nie. Wat nou,hoe nou? Hy gaan sit met sy pyp op sy tvnuuskyk stoel. stop hom stadig, en begin dink oor alles wat vir hom lekker is...toe kry hy ñ idee! Hy moet die ouvrou gaan wakker maak. Wat het nog al die jare vir hom goed gewerk as hy geworry het? Wat was nog altyd vir hom die lekkerste ding om besige dag mee af te sluit? Ja nee, mens het nie verniet ñ vrou nie, sy moet verbykom.Sy gaan vir hom sing, baie song sing, tot hy slaap.

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.