On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Verskeie Vrystaatse betogers binnekort in hof ná beweerde geweld

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 12:10 Thu, 20 Mar 2025

Verskeie Vrystaatse betogers binnekort in hof ná beweerde geweld | News Article
Kinders in Bothaville was glo ook deel van die betogings in Februarie. Foto verskaf

’n Tiener is onder die verdagtes wat binnekort in die hof sal verskyn ná openbare geweld tydens ’n betoging in die Wes-Vrystaat.

Twintig verdagtes, tussen 17 en 60 jaar oud, is tans in polisie-aanhouding weens hul betrokkenheid by die tweede optog in Khotsong, Bothaville, in minder as ’n maand. Die 17-jarige is in die sorg van ’n ouer vrygelaat, sê sers. Palesa Thabana, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

“Die verdagtes staan tereg op talle aanklagte, waaronder openbare geweld, versperring, skade aan noodsaaklike infrastruktuur en opsetlike saakbeskadiging.”

LEES OOK: Kinders plunder glo saam op Bothaville

’n Groep ontevrede inwoners het Woensdag (19/3) na Nala se munisipale kantoor op Bothaville opgeruk om hul ontevredenheid te kenne te gee oor swak dienslewering, wat hulle aan korrupsie toeskryf.

Volgens Thabana is skole in Khotsong gesluit weens die optog en die plaaslike polisie hou die situasie fyn dop om wet en orde te handhaaf.

Die verdagtes sal na verwagting op Maandag (24/3) voor die Bothaville-landdroshof verskyn.

Kinders plunder glo saam op Bothaville | News Article

Betogers besig om te plunder tydens ’n vorige voorval. Foto verskaf

Tydens ’n betoging op 24 Februarie het honderde betogers, onder wie tientalle kinders, ook na die munisipale kantoor opgeruk.

Dolf Meyer, leier van Bothaville se buurtwag, het vroeër gesê tussen 300 en 400 betogers het aan die optog vanaf Kgotsong deelgeneem om teen die uitwerking van beweerde korrupsie te betoog. Tydens die onrus is winkels geplunder en voertuie met klippe bestook.

‘Onskuldige individue, besighede geteiken’

“Die skade aan die dorp kon veel erger gewees het as die AfriForum-buurtwag en Vrystaat Landelike Veiligheid nie vinnig opgetree het om die situasie te beheer nie,” het Meyer gesê.

“Terwyl die Kgotsong-gemeenskap die volste reg het om gefrustreerd te wees met die munisipaliteit, is dit jammer dat hulle nie amptelik hul klagtes ingedien het nie, maar eerder onskuldige individue en besighede geteiken het. Dit is ook kommerwekkend dat kinders, wat op skool hoort, by die plundering betrokke was.”

OFM Nuus cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.