On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Kinders plunder glo saam op Bothaville

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 15:05 Tue, 25 Feb 2025

Kinders plunder glo saam op Bothaville | News Article
Betogers besig om te plunder. Foto verskaf

AfriForum hoop Nala-munisipaliteit sal dringend aandag gee aan die gemeenskap se eise ná ’n optog wat op plundery uitgeloop het.

Honderde betogers, onder wie tientalle kinders, het Maandag (24/2) opgeruk na die munisipale kantoor op Bothaville om te betoog teen dienslewering, volgens die betogers die gevolg van korrupsie.

Wat egter as ’n vreedsame betoging begin het, het vinnig handuit geruk toe van die betogers winkels geplunder en voertuie met klippe bestook het.


Dolf Meyer, leier van die organisasie se Bothaville-buurtwag, het die oggend op ’n noodoproep gereageer en Vrystaat Landelike Veiligheid se hulp ontbied om die menigte oproermakers uiteen te dryf, sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier-streek.

Tussen 300 tot 400 betogers het vanaf Kgotsong opgeruk om teen die gevolge van beweerde korrupsie te betoog, sê Pretorius. “Talle winkels is tydens die onrus geplunder, en verskeie voertuie is deur klippe beskadig.

“Die skade aan die dorp sou veel erger gewees het as die AfriForum-buurtwag en Vrystaat Landelike Veiligheid nie vinnig opgetree het om die situasie te beheer nie.”

Kinders in Bothaville was glo ook deel van die betogings. Foto verskaf

Die twee organisasies kon die spanning ontlont en keer dat nog betogers die dorp binnekom en nog skade aanrig.

Beamptes van die eenheid vir openbare orde in Welkom was ook op die toneel, maar het weens die betoging se aanvanklik vreedsame aard nie hul volle mag ontplooi nie, sê Pretorius.

Versterkings gekry

Hulle het egter versterkings gekry om toesig deur die nag te hou en op bystand te bly indien enige verdere onrus sou voorkom. Intussen bly die Bothaville-buurtwag en Vrystaat Landelike Beveiliging op ’n hoë gereedheidsgrondslag ingeval bykomende ingryping nodig is.

“Terwyl die Kgotsong-gemeenskap die volste reg het om gefrustreerd te wees met die munisipaliteit, is dit jammer dat hulle nie hul klagtes amptelik by die munisipaliteit ingedien het nie, maar eerder onskuldige individue en besighede geteiken het,” sê Pretorius. “Dit is ook ontnugterend dat kinders, wat op skool behoort, by die plundery betrokke was.”

OFM Nuus cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.