On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Meisie se liggaam in bosse gevind: Twee Noordwesters in hof

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 11:14 Mon, 17 Feb 2025

Meisie se liggaam in bosse gevind: Twee Noordwesters in hof | News Article
Die liggaam van ’n meisie van Mooinooi is in die bosse langs die N4-snelweg gevind. Foto: iStock

Twee mans van Noordwes sal na verwagting Maandag (17/2) in die hof verskyn nadat ’n meisie se liggaam in ’n bos gevind is.

Die verdagtes is Vrydag in hegtenis geneem nadat die liggaam van ’n meisie (19) van Mooinooi, sowat 30 km suidwes van Brits, in die bosse langs die N4-snelweg gevind is, sê kol. Adéle Myburgh, Noordwes-polisiewoordvoerder.

Die twee verdagtes (29 en 30), sal in die Brits-landdroshof verskyn op aanklagte van moord, verkragting en ontvoering.

Myburgh sê die slagoffer, Lerato Moalosi, en haar kêrel het glo vroeg op 2 Februarie by haar huis in Modikwane, naby Modderspruit, aangekom toe die twee aanvallers na bewering Moalosi gegryp, in ’n motor ingedwing en weggejaag het. Haar vriend het vinnig hulp by die gemeenskap en die polisie gesoek.

“Die ontvoerders het na bewering kontak met Moalosi se familie gemaak en ’n losprys vir haar vrylating geëis.”

Liggaam van meisie in bosse gevind

Die slagoffer se naakte lyk is egter dieselfde dag omstreeks 11:00 gevind waar dit versteek was in bosse by Majakaneng, langs die N4-hoofweg tussen Mooinooi en Brits. Dit was sowat 1 km vanaf die plek waar sy laas gesien is.

’n Deeglike ondersoek deur Mooinooi-speurders, Bojanala-misdaadintelligensie en die Brits-triotaakspan het gelei tot die identifikasie en daaropvolgende opsporing van die twee verdagtes, wat Vrydag in hegtenis geneem is.

Onder die items waarop in een van die verdagtes se huis beslag gelê is, was bloedbevlekte klere, ’n selfoon, ’n bankkaart en ’n identiteitsdokument. Die polisie soek steeds na ander verdagtes wat betrokke is.

Vermeende verkragter gesoek. Foto verskaf

Intussen soek Kakamas se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe steeds na ’n verdagte in verband met ’n verkragting op 26 Januarie naby Voortrekkerstraat, sê ao. Omphile Masegela.

Die verdagte het na bewering die slagoffer en haar kêrel aangeval voordat hy teruggekeer het om die slagoffer te verkrag.

Die polisie vra enigiemand met inligting moet konst. Lesego Mokati by 079 697 7836 nader. Alle inligting sal streng vertroulik hanteer word.

OFM Nuus cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.