On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Central SA

Onderwyseres van Bloemfontein glo deur kêrel vermoor

───   HEIDRÈ MALGAS 15:22 Thu, 20 Jun 2024

Onderwyseres van Bloemfontein glo deur kêrel vermoor | News Article
Judith Mpho Moalasi. Foto Facebook

“Moalasi is na bewering wreed deur haar kêrel vermoor.”

’n Onderwyseres van Bloemfontein is vermoor en haar liggaam op die Dewetsdorppad gevind.

“Judith Mpho Moalasi (41) se liggaam is deur polisielede van Bloemspruit met verskeie beserings gevind,” sê Peter Kareli, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

Kareli sê Maandag (17/6) omstreeks 00:30 is die oorledene se jonger broer van sy suster se selfoon gebel. Hy het probeer om haar terug te bel, maar dit het dadelik na stempos oorgegaan.

“Hy het vermoed iets is fout en het haar by haar woonplek in Rocklands gaan soek.” Hy het gesien haar motor is ook nie daar nie en het haar by die Kagisanong-polisiekantoor as vermis aangemeld.

‘Hulle het besef dit is dieselfde vrou’

Op 17 Junie omstreeks 06:45 het die Bloemspruit-polisiekantoor inligting ontvang van ’n vrou se liggaam wat vermoedelik langs die Dewetsdorppad gegooi is. Hulle het besef dit is dieselfde vrou wat vermis word.

Die polisie het inligting opgevolg wat hulle na ’n huis in Fase 2 gelei het, waar die oorledene se kêrel woon. Die polisie het ook die oorledene se motor hier gekry.

Lede van Parkweg se taktiesereaksie-eenheid is na die toneel ontbied en hulle het haar kêrel onder sy bed gekry. Die verdagte (42) is in hegtenis geneem .

‘Moalasi is na bewering wreed deur haar kêrel vermoor’

“Die Vrystaatse Departement van Onderwys betreur die dood van Moalasi, ’n onderwyseres van die Tsoseletso Secondary School,” sê Howard Ndaba, departementele woordvoerder. “Moalasi is na bewering wreed deur haar kêrel vermoor wat glo herhaaldelik oor haar gery het naby die G4S Mangaung-tronk.” 

Die departement veroordeel geslagsgeweld en beloof om die voortdurende geweld teen vroulike opvoeders en studente te beveg. “Moalasi wat beskryf word as hardwerkend en toegewyd, was sedert 2020 by die skool.” 

 “Die departement betuig sy medelye met haar naasbestaandes, kollegas en studente en het beradingsdienste vir die skoolgemeenskap gereël.”

OFM Nuus dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.