On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Speurder van Vaaldriehoek verdagte in jong pa se moord

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 15:49 Tue, 23 Apr 2024

Speurder van Vaaldriehoek verdagte in jong pa se moord | News Article
Armand en sy vrou, Velisha. Foto: Facebook

“Die moord is deur kringtelevisiekameras voor Swart se werksplek afgeneem, en hy is glo deur meer as 20 koeëls getref.”

Die verdagtes, onder wie ’n speurder, wat in hegtenis geneem is vir die sluipmoord op ’n jong pa van Vereeniging, moet weer Dinsdag (30/4) in die hof verskyn vir ’n formele borgaansoek.

Die slagoffer, Armandt Swart (30), het Woesndag (17/4) voor ’n ingenieursonderneming in Ducanville, Vereeniging, gewag vir die hek om oop te maak toe hy vermoor is, sê kol. Noxolo Kweza, Gautengse polisiewoordvoerder.

’n Wit Hyundai i20 met ’n vervalste nommerplaat het oomblikke ná Swart, wat in ’n Ford Ranger-bakkie was, langs hom stilgehou. Talle skote is afgevuur. Swart is op die toneel dood verklaar.

Die moord is deur kringtelevisiekameras voor Swart se werksplek afgeneem, en hy is glo deur meer as 20 koeëls getref.

Armandt Swart. Foto: Facebook

Die verdagtes – ao. Michael Pule Tau (54), Musa Kekane (36) en Dany Floyd Mabusela (46) – is later die dag in Bramley in hegtenis geneem. ’n Ongelisensieerde AK47, twee handwapens en ammunisie is ook gevind.

’n Mercedes Benz Viano wat met die aanval verbind word, is daarna opgespoor en ’n handwapen, ammunisie en leë patroondoppies is in die voertuig gevind.

Ná die inhegtenisneming het lt.genl. Tommy Mtombeni, Gauteng polisiekommissaris, gesê “skelm polisielede moet uitgeroei word,” en die polisie geprys vir hul pogings om dit te doen.

‘Die egpaar het twee seuns van nege en drie’

Twee van die drie verdagtes het Vrydag (19/04) vir die eerste keer in die hof voorgekom op aanklagte van moord, die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en poging tot moord.

Kekane het nog nie voorgekom nie, omdat hy in die hospitaal is.

Swart was die afgelope nege jaar met Velisha (29) getroud. Die egpaar het twee seuns van nege en drie jaar oud. Hy was ’n CNC-programmeerder, iemand wat programme skryf vir masjinerie om materiaal te sny, maal en boor.

OFM Nuus/Charne van der Merwe mc/mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.