On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Gewese polisiebeamptes van Vrystaat in hof vir ontvoering en afpersing

───   KEKELETSO MOSEBETSI 11:56 Mon, 22 Apr 2024

Gewese polisiebeamptes van Vrystaat in hof vir ontvoering en afpersing | News Article
Photo: OFM Nuus

“Die twee is opdrag gegee om R200 000 na verskillende bankrekeninge oor te plaas.”

Twee gewese polisiebeamptes van die Vrystaat en nog ses verdagtes sal na verwagting Maandag (22/4) in die landdroshof op Viljoenskroon verskyn. Hulle staan tereg op aanklagte van ontvoering en afpersing,

“Die verdagtes is Vrydag (19/4) in hegtenis geneem nadat ’n multidissiplinêre span op ’n wenk gereageer het. Hulle was glo op 1 Maart 2023 betrokke by ’n ontvoering en afpersing op die R30 tussen Vierfontein en Bothaville,” sê Mahlomola Kareli, polisiewoordvoerder.

Die slagoffer en sy vriend is deur die verdagtes gelok wat hulle voorgedoen het as polisiebeamptes en hulle ontvoer het. Die twee is opdrag gegee om R200 000 na verskillende bankrekeninge oor te plaas. 

‘Daar is beslag gelê op ’n Toyota Corolla en ’n VW Polo’

“Die verdagtes en gewese polisiebeamptes is van 33 tot 53 jaar oud. Hulle is in hegtenis geneem toe hulle die hof in Wolmaransstad wou binnegaan. Daar is ook beslag gelê op ’n Toyota Corolla en ’n VW Polo wat na bewering in die pleeg van die misdade gebruik is,”  sê Kareli.

Die slagoffers is met geweld gedreig en gedwing om saam te werk. Die verdagtes is glo deel van groepe wat gemeenskappe in die Vrystaat en Noordwes teister deur dieselfde modus operandi te gebruik. Nog aanklagte kan by die klagstaat gevoeg word. 

OFM Nuus/Kekeletso Mosebetsi dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.