On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Mans van Petrusville en Marydale vir veediefstal aangekeer

───   14:43 Fri, 19 Apr 2024

Mans van Petrusville en Marydale vir veediefstal aangekeer | News Article
Foto: OFM

“Die polisie het die mans se sakke deurgesoek en skaapkarkasse en moontlike veediefstalgereedskap by hulle gevind.”

Vier Noord-Kapenaars, wat vermoedelik betrokke was by twee afsonderlike voorvalle van veediefstal, is in hegtenis geneem.

Die polisie is Woensdag (17/4) na die informele woonbuurt van Petrusville nadat hulle ingelig is oor ’n man wat moontlik besig was om skape te steel, sê lt.kol. Sergio Kock, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder.

Met hul aankoms op die toneel het die Petrusville-polisie en hul veediefstaleenheid ’n verdagte (27) in hegtenis geneem.

Verskeie items soos skaapkarkasse, velle, koppe, ingewande en gereedskap wat vir veediefstal gebruik word, is by hom gevind. 

Vier verdagtes is onlangs weens veediefstal in hegtenis geneem.

Die polisie was ook by ’n man (29) in wie se yskas geslagte skaapkarkasse, koppe, voete en ingewande gevind is. Die waarde is sowat R20 000.

Dié verdagte, ’n medepligtige van die 27-jarige, is ook in hegtenis geneem en beslag is gelê op ’n bakkie, wat vermoedelik in die misdaad gebruik is.

Intussen is twee verdagtes, van 28 en 35, Donderdag (18/4) omstreeks 21:00 op Marydale in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik gesteelde goedere. Die polisie het die mans se sakke deurgesoek en skaapkarkasse en moontlike veediefstalgereedskap by hulle gevind.

Ondersoeke na hierdie voorvalle duur voort.

OFM Nuus cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.