On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Spesiale bladskud-trofee ontwerp vir Grey, Paarl se geskiedkundige rugbystryd

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 13:46 Thu, 18 Apr 2024

Spesiale bladskud-trofee ontwerp vir Grey, Paarl se geskiedkundige rugbystryd | News Article
Die Bladskud-trofee vir die naweek. Foto verskaf

“Die hande wat vir die ontwerp gebruik is, is dié van twee oudskoliere en rugbylegendes, Jean de Villiers en Morné du Plessis.”

’n Unieke trofee is vir Saterdag (20/4) se rugbykragmeting tussen twee van die land se voorste rugbyskole gemaak.

Hierdie naweek beloof om ’n geskiedkundige gebeurtenis te wees, aangesien Grey Kollege en Paarl Gimnasium kragte gaan meet in ’n interskolewedstryd in die Paarl, ’n eerste van sy soort. Hoewel hierdie skole al voorheen kragte gemeet het, is hierdie wedstryd belangrik aangesien dit hul eerste interskole-ontmoeting is.

Die Bladskud-trofee, wat deur Johan Coetzee van Durbanville gemaak is, is ontwerp met ’n handdruk tussen twee oud-Springbokke.

Coetzee het met dié trofee die twee skole se beroemde handdrukke vasgevang. Grey Kollege groet met twee vingers na onder en Paarl Gimnasium met een vinger na onder.

‘Coetzee se liefde vir hande en die simboliek van ’n handdruk het hierdie unieke skepping geïnspireer’

Die hande wat vir die ontwerp gebruik is, is dié van twee oudskoliere en rugbylegendes, Jean de Villiers en Morné du Plessis. Du Plessis, wat in 1971 ’n Springbok geword het en vyf jaar die Bokkaptein was, het Grey Kollege verteenwoordig, terwyl De Villiers, wat 37 toetse vir die Springbokke gespeel het, in Paarl Gimnasium was.

Coetzee se liefde vir hande en die simboliek van ’n handdruk het hierdie unieke skepping geïnspireer.

Jean de Villiers en Morné du Plessis se handdruk. Foto verskaf

Dit was ’n reuse-uitdaging om die handdrukke te koördineer, aangesien hy die twee oud-Springbokke nie op dieselfde tyd in een vertrek bymekaar kon kry nie. Coetzee het Hermanus toe gery om Du Plessis se handdruk vas te vang en toe vir De Villiers besoek.

Coetzee vertel hy het ’n kunshand gemaak wat hy vir Du Plessis gebruik het, waarna hy huis toe is, Du Plessis se handdruk gemaak het, en toe daarmee na De Villiers toe is.

Die trofee self is van beton, fyngemaalde nieherwinbare plastiek en kledingstukke, asook ’n sementvervanger as bindmiddel gemaak, wat die koolstofvoetspoor aansienlik verminder het.

Daarbenewens is ’n sekondêre trofee geskep, met Du Plessis en Theuns Stofberg se handdruk, ontwerp deur Coetzee. 

Theuns Stofberg en Morné du Plessis se handdruk. Foto verskaf

In 2023 is ’n soortgelyke gebaar gemaak met die “Grey-handdruk”. Ruan Pienaar en Frans Steyn, albei rugbylegendes van Grey College, se hande is hiervoor gebruik.

Hierdie handdruk, gegiet in beton, is suksesvol opgeveil en het aansienlik bygedra tot ’n fondsinsamelingsgeleentheid in Bloemfontein.

OFM Nuus/Charne van der Merwe mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.