On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Central SA

JB Marks-munisipaliteit se telefone buite werking

───   ZENANDE MPAME 11:08 Wed, 27 Mar 2024

JB Marks-munisipaliteit se telefone buite werking | News Article
Foto: OFM Nuus

“Daar is bevestig die nooddiensnommer is nou funksioneel en al die ander munisipale landlyne word ondersoek om uit te vind wat die probleem is.”

Die JB Marks-munisipaliteit, wat Potchefstroom en Ventersdorp in Noordwes bedien, het met ’n ondersoek begin omdat sy landlyne buite werking is.

Werner van Onselen, DA-raadslid, sê die probleme met die telefoonlyne het Woensdag (20/3) begin. Daar was chaos die naweek toe inwoners hul raadslede gebel het om hul probleme op te los omdat hulle nie die munisipaliteit kon bel nie.

‘Telkom-lyne is buite werking’

“Die speaker se kantoor het direk gekommunikeer en erken dat wanbetaling aan diensverskaffers probleme met munisipale landlyne veroorsaak het. Die DA het Dinsdagoggend vergader met die munisipale bestuurder en die finansiële amptenaar oor die betalingsituasie,” sê Van Onselen.

Potchefstroom Herald berig die munisipaliteit het Maandag (25/3) gekommunikeer dat hul Telkom-lyne buite werking is en inkomende oproepe hierdeur geraak word. Die Telkom-dienste is weens wanbetaling opgeskort.

Inwoners sukkel omdat hulle nie die JB Marks-munisipaliteit kan bel nie. Foto: Facebook

“Daar is bevestig die nooddiensnommer is nou funksioneel en al die ander munisipale landlyne word ondersoek om uit te vind wat die probleem is,” sê hy. 

Die JB Marks-brandweer se 018 293 1111 is in werking, maar nie 018 299 5111 nie. Die munisipale woordvoerder het nog nie op navrae reageer nie.

OFM News/Zenande Mpame dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.