On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Central SA

Vrystaatse Gesondheidsdepartement skors amptenare oor spookwerkers

───   KEKELETSO MOSEBETSI 09:40 Fri, 23 Feb 2024

Vrystaatse Gesondheidsdepartement skors amptenare oor spookwerkers | News Article
Photo: OFM

“Werknemers manipuleer ook die metro se aanstellingsprosesse.”

(Click here for the English version.)

Die Vrystaatse Gesondheidsdepartement het stappe gedoen om korrupsie in eie geledere uit te roei. Vier amptenare is geskors wat daarvan verdink word dat hulle betrokke was by die manipulasie van aanstellingsprosesse en betalingstrukture. 

Mondli Mvambi, gesondheidswoordvoerder, sê drie amptenare van menslike hulpbronne en ’n klerk is geskors ná bewerings dat hulle die stelsel gemanipuleer het om spookwerkers aan te stel. Dit is individue wat op die departement se betaalstaat is sonder om enige werk te doen. 

Die saak is Woensdag (21/2) na die Valke verwys. Die ondersoek duur voort en nog werkers kan geskors word. Vier amptenare is tussen 5 en 13 Februarie geskors weens die aanstelling van fiktiewe mediese interns.

Gregory Nthatisi, burgemeester van Mangaung, het vroeër aan die media gesê werknemers manipuleer ook die metro se aanstellingsprosesse. Hy sê hul onlangse ondersoeke toon die spookwerkers wat die metro betaal, sluit in gevangenes en mense wat nie by die metro werk nie.

OFM Nuus/Kekeletso Mosebetsi dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.