On Now
Weekends 20:00 - 23:59
Saturday Nights OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaap se R1 miljard-behuisingsprojek bly ’n droom

───   15:45 Tue, 20 Feb 2024

Noord-Kaap se R1 miljard-behuisingsprojek bly ’n droom | News Article
Pres. Cyril Ramaphosa het belowe 4 000 huise sou in die Noord-Kaap gebou word.

“Die plan was om informele nedersettings en onvanpaste behuisingstrukture uit te roei”.

Niks het tot dusver gekom van die belofte wat pres. Cyril Ramaphosa op 18 Januarie in Roodepan, Kimberley, gedoen het dat R1 miljard bewillig is om sowat 4 000 huise in munisipaliteite in die Noord-Kaap te bou nie.

Met die bekendstelling van hierdie megaprojek het die president aangekondig dat dit oor die volgende twaalf tot 18 maande voltooi sou word. Hy het ook genoem die plan was “om informele nedersettings en onvanpaste behuisingstrukture uit te roei”.

In sy toespraak het Ramaphosa belowe “die provinsie het maatreëls ingestel om te verseker dat hierdie behuisingsprojekte binne die geprojekteerde tydraamwerke gelewer word –volgens begroting en sonder enige verkwisting of korrupsie”.

Die belofte van behuising in die Noord-Kaap was net ’n leë belofte. Foto verskaf

Hoewel hierdie versekering gegee is, het die projek tot dusver nog nie begin nie. Mense wag nog. Die ander kommerwekkende stelling is gemaak deur Bently Vass, die LUR vir samewerkende regering, menslike nedersettings en tradisionele sake. 

Vass het gesê slegs 600 huise kon met die bedrag gebou word, wat Ramaphosa se belofte van 4 000 eenhede oor 12 tot 18 maande weerspreek.

’n Inwoner van Kimberley sê “die vertraging met die begin van die R1 miljard-projek is onaanvaarbaar aangesien mense in plakkershutte woon en behoorlike behuising nodig het”.

OFM Nuus/James Williams dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.