On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Somber Kersfees staar Vrystaatse munisipale werkers in gesig

───   KEKELETSO MOSEBETSI 09:46 Sun, 17 Dec 2023

Somber Kersfees staar Vrystaatse munisipale werkers in gesig | News Article
Foto ter illustrasie: Pixabay

“Ons neem kennis sommige munisipaliteite in die provinsie kan dalk nie werkers se salarisse vir Desember betaal nie.”

Rise Mzansi is bekommerd oor die moontlikheid dat sommige Vrystaatse plaaslike owerheid nie hul amptenare en werkers se Desembersalaris sal kan betaal nie.

Verskeie munisipaliteite, waaronder Masilonyana (Theunissen), Kopanong (Trompsburg) en Mafube (Frankfort), het vanjaar gesukkel om werkers maandeliks te vergoed en aftreefondsbydraes oor te betaal. Masilonyana het in September, Oktober en November versuim om tydige betalings aan werkers en ander personeellede te maak, grotendeels weens kontantvloeiprobleme.

Mafube ervaar ernstige uitdagings, soos niebetaling vir dienste deur sakeondernemings, verouderde finansiële stelsel en probleme met inkomste uit elektrisiteitsverkope wat deur die kragverspreider Rural Free State oorgeneem is, sonder finansiële voordeel vir die munisipaliteit. Die munisipaliteit het onlangs aangekondig dat hy nie salarisse vir Desember, Januarie en Februarie sal kan betaal nie, sê die nuwe politieke party.

Mokgadi Kganakga, Rise Mzansi-woordvoerder in die Vrystaat. Foto: facebook

“Ons neem kennis sommige munisipaliteite in die provinsie kan dalk nie werkers se salarisse vir Desember bybring nie,” sê Mokgadi Kganakga, Rise Mzansi se Vrystaatse kommunikasiebeampte. “Dit is weens ’n gebrek aan leierskap dat munisipaliteite soos Masilonyana, Kopanong en Mafube heeljaar lank versuim om werkers getrou te betaal.

“Terwyl die res van die wêreld ’n blaaskans neem aan die einde van die jaar en gesellig verkeer saam met geliefdes, moet werkers in daardie munisipaliteit sien en kom klaar sonder die geld waarvoor hulle gewerk het.”

‘Meganismes is in plek om uitstaande skuld in te vorder’

Mafube het die publiek verseker dat alle verskuldigde gelde verhaal word ná ’n behoorlike proses. Die munisipaliteit sê meganismes is in plek om uitstaande skuld van inwoners, personeel en raadslede in te vorder.

Kananga veroordeel die leiers van Mafube, op wie se munisipale bankrekeninge beslag gelê is ná ’n onlangse Vrystaatse hooggeregshofbevel weens miljoene verskuldig aan werkers se aftreefonds wat oor jare opgeloop het omdat hulle nie bydraes oorbetaal het nie.

“Dit is kontraktuele bydraes wat op die salarisstrokies van munisipale werkers is, maar net nie die aftreefonds bereik het nie. Mafube se leierskap (is) misdadig en onverskillig omdat hulle versuim het om dit behoorlik te hanteer.

‘Voortgesette skending van werkersregte moet stopgesit word’

“Dit is ’n toenemende neiging by munisipaliteite in die provinsie wat steeds versuim om werkers (se) salaris te betaal. Munisipaliteite huil oor kontantvloeikwessies wat meestal veroorsaak word deur lae inkomste-invordering en klein bedrae toelaes van die Nasionale Tesourie gebaseer op die lys van behoeftige mense,” sê sy.

Kganakga doen ’n beroep Mxolisi Dukwana, Vrystaatse premier, om tussenbeide te tree om die voortgesette skending van werkersregte stop te sit, wat uiteindelik druk op hul gesin plaas.

OFM News/Kekeletso Mosebetsi

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.