On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Tienermeisie in Bloemfontein ontvoer

───   KEKELETSO MOSEBETSI 09:32 Mon, 04 Dec 2023

Tienermeisie in Bloemfontein ontvoer | News Article

’n Toename in ontvoerings in die Bloemfontein-omgewing wek kommer.

’n Tienermeisie is na bewering in Bloemfontein ontvoer en ’n onbekende man het ’n losprys geëis.

Machaka Radebe (16) is Saterdag (2/12) omstreeks middag laas deur haar broer gesien. Die broers en susters het by hul huis in Thakalekwalastraat, Rocklands, geslaap toe haar broer om 12:45 wakker word, na sy suster gaan soek het en opgemerk het dat sy nie in haar slaapkamer is nie.

Machaka Radebe. Foto verskaf 

Hy het haar selfoon gebel, maar dit is geantwoord deur ’n onbekende man wat kontant geëis het en vir hom gesê het as ’n losprys nie betaal word nie, sal sy suster sterf, sê Mahlomola Kareli, woordvoerder van die Vrystaatse polisie. Die broer het sy ma vertel, en hulle het albei na die Kagisanong-polisiestasie gegaan om ’n saak van ontvoering aan te meld.

Die vermeende ontvoerders is onbekend. Die polisie het ’n beroep op enigiemand gedoen wat moontlik inligting het of weet waar die verdagtes of die meisie is, om kolonel Bolsiek by 082-466-8530 te kontak of hul naaste polisiestasie te besoek.

Die Vrystaatse polisie het by tieners gepleit om op te hou om persoonlike inligting aanlyn aan onbekende mense te verskaf of met hulle te deel. Hulle het tieners ook aangeraai om nie in te stem om iemand alleen te ontmoet wat hulle deur sosiale media gekontak het nie, het Kareli gesê.

Onlangs is twee jong vroue in Bloemfontein as vermis aangemeld. Lerato Masiu (23) is laas gesien toe sy haar huis op Donderdag 16 November verlaat het met ’n man wat hom as ’n ondersoekbeampte voorgedoen het, het Thabo Covane, polisiewoordvoerder, gesê.



Intussen is Lesego Mamello Motaung (22) op 30 Oktober as vermis aangemeld nadat sy laas gesien is toe sy haar huis in Uitsig verlaat het om by ’n kitskosrestaurant in Zastronstraat, Westdene, te gaan werk.

OFM Nuus/Kekeletso Mosebetsi Corné


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.