On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

DA verwelkom Vrystaatse paaie se oorhandiging aan Sanral

───   14:03 Tue, 07 Nov 2023

DA verwelkom Vrystaatse paaie se oorhandiging aan Sanral | News Article
Konstruksie van die R31. Foto verskaf

“Dit is vir almal duidelik dat die provinsiale Departement van Gemeenskapsveiligheid, Paaie en Vervoer nie in staat is om die provinsie se padinfrastruktuur in stand te hou nie.”

Die DA in die Vrystaat verwelkom die oorhandiging van verskeie provinsiale paaie aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral). 

Die party plaas al jare lank druk op die owerheid in die Provinsiale Wetgewer, Nasionale Vergadering en Nasionale Raad van Provinsies en rig petisies om verskeie van die provinsie se strategiese paaie na Sanral te laat oorplaas.

Dit is vir almal duidelik dat die provinsiale Departement van Gemeenskapsveiligheid, Paaie en Vervoer nie in staat is om die provinsie se padinfrastruktuur in stand te hou nie, sê die DA in ’n verklaring.

Deur die verantwoordelikheid van hierdie paaie aan Sanral oor te dra, sal hul toestand en die Vrystaat se ekonomie hopelik verbeter.

Die R26 tussen Ladybrand en Bethlehem, die R34 tussen Noordwes en KwaZulu-Natal en die R74 vanaf Harrismith langs die KwaZulu-Natalse provinsiale grens sal nou deur Sanral geadministreer word. Dit is sowat 600 km se pad wat belangrik is vir die Vrystaatse ekonomie en help om landbougoedere en dienste na onder meer hawens te vervoer. Hierdie paaie is ook belangrik vir toerisme in die provinsie.

Ons hoop die verwydering van hierdie paaie van die provinsiale register sal die druk op die departement verminder sodat hulle kan konsnetreer op die ander paaie wat in ’n haglike toestand is.

Die DA sal aanhou streng toesig hou oor die herstel van paaie in die Vrystaat, hetsy dit deur Sanral of die provinsiale departement gedoen word.

Mediaverklaring Corné/Morné

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.