On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Veediefstal dwing boere om beseerde diere van kant te maak

───   ZENANDE MPAME 14:36 Tue, 17 Oct 2023

Veediefstal dwing boere om beseerde diere van kant te maak | News Article
Foto: iStock

“Ons moes die diere self van kant maak omdat daar geen manier is om hulle gesond te kry weens hul beserings nie.”

’n Boer wat in Magdalena naby Wesselsbron boer, het Woensdag (11/10) sy beeste in die weiveld gekry waar hulle geslag en hul hakskene afgekap is.

Kobus Bam en sy seun Christiaan sê veediefstal in die gebied neem toe en dit word al hoe moeiliker om die beeste snags veilig te hou. “Ons het vier dragtige koeie verloor nadat veediewe die diere geslag het,” sê Kobus. “Ons moes die diere self van kant maak omdat daar geen manier is om hulle gesond te kry weens hul beserings nie.” 

Mahlomola Kareli, Vrystaatse polisiewoordvoerder, sê hulle ondersoek die voorval.

In nog ’n voorval is 27 boerbokke ter waarde van R70 200 Vrydag (13/10) omstreeks 10:00 gesteel. Boere, lede van die veediefstaleenheid en die eenheid vir landelike veiligheid het hulle opgespoor in die bosse naby die rivieroewer. Tien van die 27 bokke is egter steeds weg. 

Kareli sê die polisie ondersoek albei voorvalle.

OFM Nuus/Zenande Mpame

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.