Central SA
Rekordeksamen in Noordwes suksesvol afgehandel─── KEKELETSO MOSEBETSI 09:04 Thu, 28 Sep 2023

Viola Motsumi, LUR vir Onderwys, het haar dankbaarheid teenoor gemeenskapslede uitgespreek omdat hulle nie die eksamen ontwrig het nie.
Die graad 12's se rekordeksamen in Noordwes is suksesvol afgehandel.
Hierdie eksamen, wat 'n belangrike deel van leerders se finale skoolgebaseerde assesseringspunte uitmaak, het Maandag (28/8) begin en is Vrydag (22/9) afgehandel.
Viola Motsumi, Noordwes se LUR vir Onderwys, het haar dankbaarheid teenoor gemeenskapslede uitgespreek omdat hulle nie die eksamen ontwrig het nie. Sy sê dit is ’n teken van solidariteit in die rewolusie om ’n Afrika-kind op te voed.
Motsumi het onderwysers, leerders en ouers bedank ná die suksesvolle matriekeksamen.
Viola Motsumi, LUR vir Onderwys in Noordwes, lewer 'n toespraak op die 23ste Jaarlikse Provinsiale Onderrigtoekennings. Foto: Facebook
“Namens die departement wil ek my gewaardeerde onderwysers bedank wat die fort gehou en verseker het dat eksamen voortgaan sonder groot voorvalle. Ek bedank ook ouers wat verseker het dat leerders betyds by die skool is en hulle die geleentheid gebied het om te skryf.”
Motsumi sê daar sal lentekampe wees wat van Vrydag (29/9) tot Sondag (8/10) sal duur om gapings in problematiese leerareas te bespreek wat leerders teëkom. Gedurende hierdie tydperk sal skole tot Woensdag 11 Oktober in reses wees.
Graad 12-leerders van die Batswana Sekondêre en Mmabatho Hoërskool woon hul matriekdans by. Foto: Skermgreep
Intussen het leerders van Batswana Sekondêre en Hoërskool Mmabatho, wat Woensdag hul matriekdans by Seasons Wedding Centre bygewoon het, gesê hulle is vol vertroue dat hulle goeie uitslae sal behaal.