On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Central SA

Vermiste persoon by plaaslike hospitaal gevind

───   KEKELETSO MOSEBETSI 09:50 Fri, 08 Sep 2023

Vermiste persoon by plaaslike hospitaal gevind | News Article
Cinimuzi April Tsoenyane (35) van Bohlokong. Foto verskaf

“Ons hoop die dokters of sielkundiges sal ingryp in hierdie situasie en hom bystaan.”

'n 35-jarige man van Bohlokong in die Vrystaat, wat vroeër die week as vermis aangemeld is, is in ’n plaaslike hospitaal opgespoor.

Cinimuzi April Tsoenyane, wat in Berengstraat in Bohlokong woonagtig is, is deur die polisie as vermis aangemeld nadat sy familie en vriende hom laas op 4 September 2023 gesien het. Tsoenyane, wat 1,7 meter lank is met dreadlocks, het 'n kakiebruin broek, grys en swart T-hemp, 'n grys hoed en tekkies aangehad toe hy verdwyn het.

Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, sê die 35-jarige is in die hospitaal opgespoor ná ’n soektog deur die polisie en gemeenskapslede.

Die polisie het uitgevind dat Tsoenyane verskeie persoonlike probleme het en hulle vermoed dat sommige van hierdie persoonlike uitdagings hom in die hospitaal laat beland het.

“Ons verstaan dat hy 'n baie jong gesin het. Die vrou het pas die lewe geskenk, so ons weet nie hoe ekstreem sy persoonlike probleme is nie, maar ons hoop die dokters of sielkundiges sal ingryp in hierdie situasie en hom bystaan, want ons het ons werk gedoen as bemiddeling van vermiste persone.”

Die polisie het die vermiste persoon se dossier gesluit, terwyl Tsoenyane onder mediese toesig bly.

OFM Nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.