On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Veldbrande in Vrystaat kan tot werkverliese lei

───   KEKELETSO MOSEBETSI 10:10 Fri, 01 Sep 2023

Veldbrande in Vrystaat kan tot werkverliese lei | News Article
Skape het in die wegholveldbrande in die Vrystaat doodgebrand. Foto: Skermgreep

“Ek is bly dat die boere gesê het dat hulle op die medium termyn al hul werkers nodig het, maar hulle is bekommerd oor wat op lang termyn kan gebeur.”

Saki Mokoena, LUR vir landbou en landelike ontwikkeling, sê die onlangse veldbrande het tot ’n ernstige ekonomiese terugslag gelei en is 'n bedreiging vir mense se werk.

Saki Mokoena, Vrystaatse LUR vir landbou en landelike ontwikkeling. Foto: Skermgreep

Hy het dit gesê op sy onlangse besoek aan een van die plase in Winnie Mandela (voorheen Brandfort) wat groot skade gely het. Meer as 150 verbrande diere moes deur die DBV van kant gemaak word. Veldbrande is by Soutpan, Brandfort, Vredefort, Zastron en Boshof aangemeld.

Mokwena het sy kommer uitgespreek oor die invloed wat dit op werkgeleenthede kan hê.

Talle huise is in die veldbrande verwoes. Foto: Skermgreep 

“Ek is bly die boere het gesê het hulle het hul werkers nodig op medium termyn, maar hulle is bekommerd oor wat op lang termyn kan gebeur. Ons hoop die provinsiale regering en die munisipaliteite sal kan help.” 

Sy departement het kenners gestuur om boere by te staan om die omvang van die skade te bepaal.

Saki Mokoena, Vrystaatse LUR vir landbou en landelike ontwikkeling, saam met boere wat deur brand geraak is. Foto verskaf  

Een van die boere, Estian de Swart, sê hulle het tussen 20 000 en 30 000 hektaar weiding verloor. Die oorsaak van die brand word nog ondersoek. Vier gesinne het hul huis. Die DBV het boere gehelp om die karkasse te verwyder van skape en beeste wat doodgebrand het.

Vier huise is in die brand beskadig. Foto verskaf

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.