Click on the warning image to view this post
Central SA
Deeglike ondersoek na blouligte-aanranding nodig – Mbalula─── 14:10 Wed, 05 Jul 2023
Die Onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) is versoek om die aanranding van motoriste deur adjunkpresident Paul Mashatile se lyfwagte deeglik te ondersoek.
Vier lede van die BBP-beskermingseenheid het skorsingsbriewe gekry kort nadat beeldmateriaal na vore gekom het van 'n groep swaargewapende mans wat drie mense sleep en herhaaldelik skop.
Die voorval het glo die naweek op die N1 in Johannesburg gebeur.
LEES OOK: Gauteng police officers under investigation for assaulting civilians
Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, sê hulle sal ’n geleentheid gegun word om hulself te verdedig voordat ’n finale besluit geneem word.
“Hulle moet vertoë lewer oor hoekom hulle nie onder die omstandighede geskors moet word nie. Hul vertoë sal oorweeg word en die uitslag sal aan hulle gekommunikeer word.”
“As bestuur keur ons nie sulke gedrag goed nie, ongeag die omstandighede. Geen mate van uitlokking kan tot sulke gedrag lei nie en ons beweeg met spoed om hierdie onaanvaarbare gedrag aan te spreek.”
Fikile Mbalula, sekretaris-generaal van die ANC, het Woensdag op 'n inligtingsessie oor die uitkomste van die ANC se nasionale werkkomiteevergadering gesê die voorval is 'n verleentheid vir die hele polisiediens.
“Die ANC was uiters ontsteld oor die nuus van die padwoedevoorval waarby lede van die SAPD betrokke was, wat aangestel is om die adjunkpresident te beskerm. Dit was nie net lafhartig nie, maar teenstrydig met dit waarvoor die SAPD staan, naamlik om alle lede van die samelewing te beskerm.
"Ons doen 'n beroep op Opod om hierdie voorval as 'n saak van dringendheid te ondersoek."
Mbalula het ook gesê die NWK verwelkom die openbare beskermer se verslag oor die Phala Phala-sage.
[WATCH] The NWC further re-iterated its support of the Office of the Public Protector and welcomed the Report by the Acting Public Protector on allegations pertaining the criminal events that took place at the Phala Phala Farm, involving theft of money. https://t.co/EKYCF9HZzt pic.twitter.com/oHomaGOHY1
— ANC SECRETARY GENERAL | Cde Mbalula (@MbalulaFikile) July 5, 2023
Verlede week het die waarnemende openbare beskermer, adv. Kholeka Gcaleka, president Cyril Ramaphosa in haar finale verslag oor die diefstal van miljoene dollars by sy private plaas in 2020 van enige oortreding vrygespreek.
“Die ANC verwelkom die verslag van die Openbare Beskermer, wat niks onheilspellend in die optrede van die president gevind het nie, insluitende die feit dat daar geen bewyse was van betaalde werk buite sy pligte as President van die Republiek nie.”
“Die ANC herhaal sy waarskuwing oor die aanvalle op die integriteit van die kantoor van die openbare beskermer, bloot omdat sommige nie saamstem met die verslag deur die waarnemende OB nie. Ons beskou sulke aanvalle as om ons demokrasie en grondwetlikheid te ondermyn.”