On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Beatrice Marshoff (66), voormalige Vrystaatse premier, oorlede

───   10:00 Sun, 16 Apr 2023

Beatrice Marshoff (66), voormalige Vrystaatse premier, oorlede | News Article

Die premier van die Vrystaat, Mxolisi Dukwana, het sy diepe spyt en skok uitgespreek oor die afsterwe van die voormalige premier van die provinsie, Beatrice Marshoff.

Dukwana sê Marshoff het die mense van die provinsie met groot eer en uitnemendheid gedien. Marshoff was een van vier vroulike premiers wat die Vrystaat sedert die begin van die demokrasie in 1994 gelei het.

Sy het van April 2004 tot Mei 2009 wyle oud-premier Winkie Direko as premier opgevolg.

Dukwana se woordvoerder, Sello Dithebe, sê die premier het sy innige meegevoel met Marshoff se familie betuig.


Die 69-jarige Marshoff is Saterdagoggend in die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Soweto oorlede.

Die DA in die Vrystaat het in 'n huldeblyk gesê hulle is hartseer om van Marshoff se dood te verneem. "Sy sal onthou word as ’n persoon wat, nadat sy die hoogste politieke amp in die Vrystaat beklee het, en ná aftrede uit die politiek, teruggekeer het na haar vorige beroep as verpleegsuster.

"Sy was ook een van die min politici wat teen Ace Magashule opgestaan het deur hom as LUR vir Landbou af te dank.

"Sy was duidelik 'n politieke slagoffer van die nuwe regime wat in 2009 die bewind oorgeneem het onder Jacob Zuma as President, wat Marshoff onmiddellik met Magashule vervang het.

"Sy sal onthou word as 'n harde werker wat beskikbaar was en op opposisiepolitici gerageer het. Terwyl sy 'n stoere partylojalis was, het sy die grense verstaan tussen haar rol as 'n Premier vir al die mense in die provinsie en dié van 'n ANC-ontplooide politikus.

"Die DA betuig ons meegevoel met haar familie en vriende. Haar verlies is 'n verlies vir alle Vrystaters."

Die African National Congress (ANC) in Mangaung het hul skok uitgespreek oor die dood van Marshoff.

Sy was ook 'n voormalige verpleegsuster en het gedien as lid van die Uitvoerende Raad (LUR) vir Maatskaplike Ontwikkeling in die Vrystaat. Marshoff was tussen 1994 en 1999 'n ANC-parlementslid.



ANC-woordvoerder van Mangaung, Ncamile Nxangisa, het gesê Marshoff is 'n inwoner van Mangaung wat die mense van die Vrystaat onbaatsugtig gedien het.

“Sy het die provinsie met hoë morele waardes en die hoogste etiese standaarde gedien wat van ANC-ontplooiers verwag word. Premier Marshoff het ’n simbool van trots gebly vir die mense van die Vrystaat. Sy was een van die baanbrekers in vroueleierskap wat die besluit van die ANC as korrek bewys het dat daar bekwame vroue is om op die hoogste vlak te lei.”

“Die ontslape premier is 'n held van ons mense, sy is die verpersoonliking van uitstaande staatsvroue wat geweet en verstaan het dat om die mense te dien, 'n daad van die hoogste opoffering was met geen verwagting vir enige beloning nie.”

“Die ANC het premier Beatrice Marshoff nie net geken as 'n openbare ampsdraer nie, maar het waardeer dat sy eers 'n gemeenskapswerker was wie se bydrae tot die gesondheidsektor as 'n professionele verpleegster geweldig waardeer word,” het hy gesê.

Die ANC in Mangaung het sy medelye aan haar hele familie, kamerade en vriende gestuur.

LEES OOK: Opposition welcomes Papi Mokoena as new Mangaung Mayor – VIDEOS

Intussen het die Mangaung Metro van die ANC weggeglip nadat opposisiepartye die Afrika-alliansie van Sosiale Demokrate (AASD) se leier, Papi Mokoena, as burgemeester verkies het.

Van die totale 101 raadslede was slegs 53 by Vrydag se spesiale raadsvergadering teenwoordig.

LEES OOK: 'Order to be restored' in City of Roses – VIDEO

Die ANC, wat 'n meerderheid met 51 setels het, het die sitting geboikot, behalwe vir sy twee geskorste raadslede – Patrick Monyakoane en onderburgemeester Mapaseka Mothibi – wie se teenwoordigheid Mokoena gehelp het om die burgemeesterskap te aanvaar.

Volgens speaker Maryke Davies het die vergadering 'n kworum bereik, wat die weg gebaan het vir die verkiesing van burgemeester en raadsweep.

OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.