On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Tesourie weerhou R60m. van Potch-munisipaliteit

───   10:54 Mon, 06 Mar 2023

Tesourie weerhou R60m. van Potch-munisipaliteit | News Article
PHOTO: SABC News

Die JB Marks Plaaslike Munisipaliteit in Potchefstroom erken dat die munisipaliteit onderpresteer het terwyl Nasionale Tesourie R60 miljoen weerhou wat vir infrastruktuurontwikkeling bedoel is.

Weens onderprestasie is sommige gedeeltes van die toelae weerhou, terwyl inwoners kla oor trae dienslewering wat betref water en elektrisiteit.

Die Munisipale Infrastruktuurtoekenning, Waterdienste-infrastruktuurtoekenning en Geïntegreerde Nasionale Elektrifiseringsprogram was veronderstel om die munisipaliteit te help om infrastruktuur- en diensleweringsuitdagings die hoof te bied.

'n Inwoner sê volgens die SAUK dat “transformators nou en dan beskadig word – ons weet nie hoekom nie. Ons kry nie betyds water nie, daarom bad ons nie.”

"As die geld teruggaan, hoe lank gaan ons weer sit en wag vir nog 'n bedrag geld wat die oplossings sou befonds?" vra 'n ander inwoner.

"Die vertraging is veroorsaak deur 'n aantal faktore, waarvan een interne uitdagings in die munisipaliteit was, soos die hoë personeelomset en die meeste van die bestuurders is geskors. Sommige van hulle is laat gaan. Gevolglik kon die komitees nie vergader om projekte te beoordeel nie.”

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.