On Now
Weekends 16:00 - 19:00
All Request Sunday Nikki
NEXT: 19:00 - 20:00 Nuut in Afrikaans with Nikki
Listen Live Streams

Central SA

Bloemfontein sakeman help vermiste tiener (13) vind

───   BAMBATHA GIKO 11:56 Tue, 29 Nov 2022

Bloemfontein sakeman help vermiste tiener (13) vind | News Article

’n Bloemfonteinse sakeman het gehelp om 'n vermiste tiener van Bloemfontein op te spoor, wat ’n maand nadat sy as vermis aangemeld is, in ’n skuiling in Brits, Noordwes, gevind is.

Die eienaar van Astra Towing, Chris Snyman, sê hy was al voorheen haweloos en verstaan hoe dit voel om 'n behoeftige kind op straat te wees. Dít is wat hom gemotiveer het om die 13-jarige Nicolene Olivier te help vind.


“Kyk ek maak nie geld hier uit nie. Ek gebruik my eie fondse, ek gebruik my eie tyd om dit te doen,” sê hy.

Hy sê dit maak hom gelukkig om iemand op te spoor ná 'n lank soektog. Snyman sê hy was jare gelede 'n boemelaar- en deur die hulp van 'n vreemdeling wat hom R100 gegee het, kon hy sy lewe regruk.

Hy voeg by dat dít hom inspireer om ander te help. Hy help om vermiste mense op te spoor en doen dit graag - op sy eie onkoste - want dit is 'n manier om terug te gee aan die gemeenskap en om die vriendelikheid wat met hom gedeel is, weer aan ander te betoon.

Die vermiste 13-jarige is gevind nadat Snyman biljette wyd versprei het. 'n Dame wat by die skuiling gewerk het waar Olivier gevind is, het Snyman gekontak nadat sy een van die biljette gesien het.

Die polisie is gestuur om die kind te red en die man wat haar ontvoer het, is in hegtenis geneem.

Snyman sê redes agter Olivier se verdwyning kan nie bekend gemaak word nie. Hy beweer egter die tiener het saam met 'n jong man weggeloop.

Daar word beweer die jong man staan moontlik tereg op aanklagte van ontvoering en statutêre verkragting en hy bly in aanhouding by die Bainsvlei-polisiestasie.

OFM-nuus/Bambatha Giko

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.