Central SA
'Noordwes se donkiekarretjies reeds stukkend'─── HEIDRÈ MALGAS 14:43 Mon, 14 Nov 2022

Die donkiekarretjies wat inwoners van Noordwes by die regering gekry het om oor die weg mee te kom, het luidens berigte gebreek nadat dit net een keer gebruik is.
Die provinsiale regering het die 20 karretjies van R780 000 aan inwoners geskenk om onder meer by skole en klinieke uit te kom.
Wouter Wessels van die VF+ sê die party beskou die hele aangeleentheid as "totaal en al 'n belaglikheid". Hy meen daar is geld beskikbaar gestel om leerlinge te vervoer en dit is vermors op donkiekarre, eerder as om dit te belê in werklike vervoer.
“Die VF+ sou eerder wou sien dat daar werklike leerdervervoer is, soos ‘n betroubare busmaatskappy wat leerders op ‘n veilige wyse kan vervoer, eerder as om geld te bestee (en uiteindelik te mors) op donkiekarre - dis regtig uiters belaglik,” sê Wessels.
ALSO READ: R780k donkey carts project looks like ‘a money-making scam’
Die Demokratiese Alliansie (DA) se woordvoerder oor gemeenskapsveiligheid en vervoerbestuur, Freddy Sonakile, sê die party veroordeel ten sterkste die beweerde bedrog en die klaarblyklike treurige toestand van die donkiekarre.
"Weereens was gewone Suid-Afrikaners aan die ontvangkant van wat na 'n donkiekar-bedrogspul blyk te wees. 'n Formele klag is by die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) ingedien om die donkiekarprojek van R780 000 te ondersoek, wat deur die departement van gemeenskapsveiligheid en vervoerbestuur in die Noordwes-provinsie van stapel gestuur is,” sê Sonakile.
Skaars twee weke sedert hulle die donkiekarre ontvang het, het sommige begunstigdes reeds aangedui dat die donkiekarre breek. Bewerings doen die ronde doen dat die karretjies al in 2017 vervaardig is en stof in ’n pakhuis by die Mahikeng-lughawe vergaar het.