On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Liggaam ná moord in Tweedelaan gevind

───   HEIDRÈ MALGAS 10:47 Wed, 02 Nov 2022

Liggaam ná moord in Tweedelaan gevind | News Article
PHOTO: Heidrè Malgas

Die liggaam van 'n man is Woensdagoggend in 'n oop stuk veld in Tweede Laan, Bloemfontein, gevind.

Die polisiewoordvoerder Sinah Mpankane sê die polisie het omstreeks 06:40 'n oproep ontvang oor 'n moord wat in Tweedelaan plaasgevind het.

“Met ons aankoms het ons 'n man in sy dertigs gekry. Hy het kneusplekke op sy gesig en brandwonde aan sy hande, bors en sy sy gehad,” het sy gesê.

Sy het bygevoeg dat sy bene en voete vasgebind was. Hy het 'n grys trui en gestreepte bokserbroek aangehad. Sy het gesê die liggaam is met 'n duvet bedek en dit kan aandui dat hy nie op die toneel dood is nie.

“Hy was skraal, donker van gelaat, met kort hare.”

LEES OOK: Air Force corporal robbed, killed outside pub in Bloemfontein

’n Motorwag wat in die oop stuk veld oorkant kuierplekke in Tweedelaan werk, het gesê daar kon ’n bakleiery gewees het wat nie goed geëindig het nie tussen die oorledene en iemand anders. “Waar die oorledene gevind is, is die plek waar 'n groep hawelose mans bly. So, ek dink daar kon 'n bakleiery tussen hulle gewees het. Hulle baklei gewoonlik oor dwelms of weens bendes,” sê die karwag wat anoniem wil bly.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die polisie doen ’n beroep op enigiemand met inligting om Crime Stop of 10111 te kontak.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.