On Now
Weekends 20:00 - 23:59
Saturday Nights OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Afrikaanse Taaldag herdenk 147 jaar

───   12:00 Sun, 14 Aug 2022

Afrikaanse Taaldag herdenk 147 jaar   | News Article
FOTO: Afrikaanse Taalraad/Facebook.

Die taalaktivis, Annalise de Vries, sê Afrikaanse Taaldag, wat vandag gevier word, is iets om te herdenk.

Sy sê moedertaal is die taal wat mense eerste leer en wat mense gebruik om hulle menswees uit te druk. 

Sy voeg by dat wanneer geleenthede soos Afrikaanse Taaldag herdenk word, beteken dit die voortbestaan van die taal is gesond. 

Die Afrikaanse Taalraad het intussen op sy Facebook-blad erkenning aan die diverse wortels en vele tongvalle van Afrikaans gegee.                                            


OFM-nuus het vroeër berig dat Heloïse Denner, die Vryheidsfront Plus se woordvoerder oor Kuns en kultuur, sê Afrikaans is die hartstaal van soveel Suid-Afrikaners en dat dit gekoester, bewaar en uitgebou moet word. 

Sy deel verder dat vele sprekers en organisasies hulself juis daarvoor beywer. 

Denner sê die gees van Afrikaans is een van oorlewing en selfbeskikking, en dat die Vryheidsfront Plus verbind is tot die bevordering van moedertaalonderrig en die beskerming van Afrikaans as 'n amptelike taal.

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.