On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Central SA

Inisiatief laat Kimberley weer skitter

───   HEIDRÈ MALGAS 07:32 Sun, 07 Aug 2022

Inisiatief laat Kimberley weer skitter | News Article
Vrywilligers help om Kimberley weer te laat skitter/FOTO: Facebook.

Kroonstad - Kwêla Dorp van die Jaar 2022 - se inisiatief “Ignite and revive” het Sanet Gouws, oorspronklik van Kroonstad maar tans woonagtig in Kimberley, geïnspireer om 'n soortgelyke inisiatief te begin wat die Diamantstad weer sal laat skitter.

Van daar die naam ‘Bring back the sparkle’ vir die projek.

Gouws het Vryheidsfront Plus (VF+) raadslid Johan Smit genader om haar by te staan met die inisiatief, en om meer mense betrokke te kry.

“Ons het besluit om Kroonstad se resep te volg. Daar is drie partye wat moet saamspan; naamlik vrywilligers uit die gemeenskap, die munisipaliteit, en private besighede,” het sy bygevoeg.

Sy en haar span het begin met klein takies - soos skoonmaak en tuine opknap rondom die stad.

“Volgende wil ons die ingang na die Groot Gat aanpak, aangesien talle mense Kimberley besoek om juis die Groot Gat te sien,” vertel sy verder.

“Dis baie interessant om te sien hoeveel dorpe dit nou doen, en elkeen het hul eie unieke naam,” het sy gesê.

Gouws vertel dat hulle al deur talle persone genader is wat borge wil wees, maar omdat hulle nog nie hul bankrekening gereed het nie raai sy hulle aan om eerder skenkings te gee as geld.

Sy voeg by dat hulle grootste mikpunt is om al die stad se parkies op te knap.

Besoek gerus “Kimberley: Bring back the sparkle” se Facebook blad hier.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.